Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Fantasia

Disney se treffermusiektekenprent word met die aanbreek van die nuwe eeu afgestof en nuwe lewe gegee ná 60 jaar. Die oorspronklike Fantasia het in 1940 verskyn.

Fantasia vermeng lieflike tekentonele met bekende stukke klassieke musiek, maar die oorspronklike uitgawe was ´n finansiële mislukking. Walt Disney het daarop aangedring dat sy proses van Fantasound gebruik word in die teaters waar die prent vertoon is, maar omdat dit die gebruik van 64 luidsprekers behels het (dit word beskou as die voorloper van kringklank) het teatereienaars dit as onprakties afgemaak.

Disney het Fantasia egter beskou as ´n voortdurende projek en hoewel dit dwarsdeur sy lewe in die oorspronklike vorm gebly het, het dit ongelooflike kultusstatus bereik.

Disney se neef, Roy, het die nuwe Fantasia vir Imax-formaat verfilm, hoewel dit ook op die gewone 35mm-skerm vrygestel word. Dit is ´n eerbetoon aan die oorspronklike werk, hoewel net een toneel uit die 1940-weergawe gebruik word. Maar die ou bekoring het nie verlore gegaan nie.

Vir kinders van alle ouderdomme.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons.

Lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner