Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Xiu Xiu

In 1975 het die Sjinese regering ´n projek van stapel gestuur waarin miljoene jeugdiges uit die stedelike omgewings geneem en platteland toe gestuur is. Die jongmense, bekend as die "Intellektuele Jeug", moes op dié manier hulself balanseer met die eenvoud van die platteland. Só sou Sjina dan saambou aan sy een nasiestaat; waarin almal gelyk is en niemand groter of beter as die ander nie.

Wen Xiu (Lee Lu-lu) is ´n jong meisie wat vrywillig aangesluit het by die projek. Uiteindelik eindig sy by ´n baie vreemde skepsel, Lao Jin (Lopsang Chunpei), waar sy moet leer hoe om met perde te werk. Sy is egter salig onbewus daarvan dat die eenheid waarvan sy deel was, al intussen ontbind het en die meeste van die ander meisies reeds terug is na hulle ouerhuise.

In ´n poging om haar pad terug te vind, doen sy ´n hele paar seksuele gunsies vir die kamerade. Sy besef egter te laat, dat selfs hulle nie veel aan haar situasie kan doen nie.

Xiu Xiu is ´n uiters tragiese fliek. Dit is ´n goeie uitbeelding van die emosielose gesindheid van die Oosterse bevolking en daarom gaan baie van die diepere gevoelens tussen die karakters verby ´n mens. Veral die pa-dogter verhouding wat tussen Wen Xiu en Lao Jin ontwikkel, kan maklik verwar word met ´n liefdesverhouding van Lao Jin se kant af.

Die internasionale ontvangs van dié Sjinese fliek was oorweldigend, en het onder andere 7 Golden Horse-toekennings gewen vir Beste Regisseur, Beste Film, Beste Aktrise, Beste Akteur en ook Beste Draaiboek.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons.

Lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner