AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by WantedJMMet: Angelina Jolie en Morgan Freeman As jou fliekhart 'n pasaangeėr nodig het, is Wanted presies wat die dokter sal voorskryf. Die storie handel oor 'n admin jokkie wat eendag skielik uitvind dat hy bonatuurlike kragte het (The Matrix?). Hy sluit aan by The Fraternity, onder leiding van Sloan (Morgan Freeman), om sy pa se dood te wreek. Maar eers moet hy opleiding kry en dit is die taak van Fox (Angelina Jolie). Sy moet hom leer hoe om 'n sluipmoordenaar te wees. Die oorspronlike Wanted is 'n comic book van 2003. Die jaartal kom ongelukkig na my comic book-dae so ek ken nie die oorspronklike stories nie. Diegene wat wel die stories ken stem almal saam dat die film die oorspronklike werk se humor en visuele aanslag behou het. Die storie is nie werklik oorspronklik nie. Blykbaar 'n algemene probleem met hedendaagse comic books. Met die verloop van die film lyk dit ook al hoe meer soos The Matrix. Die regisseur het vreeslik baie geleen by hierdie en ander films.
Wanted verg nie vreeslike breinaktiwiteit nie, maar dit is 'n skouspel uit die boonste rakke. |