AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by You Don't Mess With the ZohanJMMet: Adam Sandler en John Turturro 'n Tipiese Adam Sandler-fliek: kru, met oppervlakkige humor en onsmaaklike karakters. Die ergste is dat daar altyd aan die einde van ons verwag word om die film se "boodskappie" ernstig op te neem. Hierdie keer is Sandler 'n Israeliese spioen, Zohan, wat heimlik 'n haarkapper wil wees. Mens moet erken dat dit dadelik snaaks klink. Die uitvoering is ongelukkig pateties en voorspelbaar. Zohan maak asof hy dood is in 'n skermutseling sodat hy na New York kan vlug en sy droom navolg. New York dink egter hy is 'n grap en al plek wat hom 'n kans gun is 'n Palastynse haarsalon. Natuurlik is hy 'n groot sukses en ons weet mos sy verlede gaan hom inhaal! Hierdie tipe flieks steun op oordrewe humor. Ongelukkig word die enigste oorspronklike grappe verdrink in 'n trog vol naaktheid, vloekwoorde, seks en beledigings. Duidelik gemik op 'n oppervlakkige tienermark.
Intellektueel gestremde persone behoort dit te geniet. |