Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Ge-Bed

Ek kniel vanaand
(soos elke ander aand)
en slaan my woorde op na Bo
(en die Here weet ek sukkel om te Glo)
Ek Skreeu:
MY LEWE IN U HANDE HEER!
(ek sal elke aand probeer)
ek skreeu dit weer
en weer
en weer …

en nog 'n keer
"My lewe in U hande Heer"
(my keel ((en my knieŽ)) is nou al seer

Chris Rootman

Ons Was

Ons was cool
Ek en jy
Het mekaar deur die mal
En die vet jare
Gekry
As vriende
Kon ons
Deur klanke en woorde
En simfoniese akkoorde
'n manier vind
om simbolies
en absolutt platonies
(dalk selfs ironies)
toe te laat
dat dit wat ons sÍ
met mekaar kan vry
en dit was
iets
wat mens in bitter min vriendskappe kon kry
ons het geLP en ge-battery 9
redman en atmosphere
ge-saul williams en norah jones
ons het ge-beat
en ge-poet
die musiek
en die zol
inge-asem
sodat ons daai
ritme
kon uitpraat
kon uitlaat
kon anders maak

meeste van als
het ons ge-foto na dans
ja!
na die ninos wals
was ek
op my knieŽ
smekend
woordeloos
vir nog 'n kans
maar met my insecurites
en jou
praat ver verby,
en jou
vat en jou praat
oor my en haar grense
en
jou woorde het my laatnag
die doodspad laat ry
en jou sogenaamde nie bestaande
ongesproke
moenie dit mention nie
ISSUES
Het ons dit opgefok
Ons helder lig deur die donker geklop
Ek hoor nog my drome van daardie tyd
Die wil en vermoe om tot in iemand se siel/siek te kan kyk
Om abstrak te kan dig
En donker musiek te kan maak
Wat eendag dalk iemand
kan help na die lig
Ons was seker te diep inge-kop
Te veel memories van darkness
In so kort tydjie ingprop
Maar ai man

Daai tye was mal
Dit was gatskop
Dit was Vet
Dit was groentesop

My woorde vir jou
Is nou
Droog
En
Op
Jy was heeltemal
Heeltemal
Heel-te-mal
Te diep
In my kop

Dis uit ...

Chris Rootman

Ek Jaag

"Dis grys en geel en blou en pienk" - my gedagtes wat maal soos die malle gejaag van hierdie stad. Dubai stad wat mal is en jaag en nooit ophou nie soos karre wat regdeur die nag op die N1 op en af jaag tussen Pretoria en Johannesburg en dis genoeg om mens mal te maak, maar dis "the city that never sleep' en fok glo my dis waar, dis mal, ja en tog is dit hoe dit is. Vinnig en gejaagd en mal. En waarna jaag almal,? Al die koel plekke hier? Al die malls? Die beach? Die stunning geboue waarvan 99% nog nie klaar gebou is nie? Constructions sites? Hel ek weet nie, maar donder ja ek wil weet, so ek jaag saam en in die kar tussen die duisende ander jaag ons 2uur lank om 30km af te le. Jaag ja, want selfs as jy stilstaan in die everlasting verkeersknoop aka clusterfuck (met apologie aan Molly-Jean Slingsby) dan blaas die hoeters orals en sirenes wat loei en karre wat op die blinde skouers skelm mekaar verbysteek en skielik net plek maak terug in die lyn wanneer hulle weet die groot oog langs die pad kan dalk 'n kiekie kan neem en dan hoet almal vir hulle en as die oog verby is dan klim hulle weer in die onheilige blinde laan in en jaag en hoet hulle self om almal te waarsku. En ek jaag saam. Want ek wil weet waaroor gaan dit alles. Die malle gejaag. Die konstante opgedrukte verkeer en spoed en malheid en waansinnigge gejaag. En ek vra orals vir almal. Pienkes en groenes en blouse en bruines en swartes en kleure wat ek nog nooit gesien het nie, en lyk my nie iemand weet rerig nie. Maar hulle het nie genoeg tyd om rerig ordentlik te antwoord nie want hel pel, hulle jaag, tyd is min, dit wag vir niemand nie, afsprake en werke en belangrike sake wag op ons en hel as ek te lank praat gaan ek laat wees want fok pel jy ken nie die verkeer in hierdie plek nie, en woeps en waps is hy weg en vra ek nog ene met 'n wit kleed en rooi band om sy kop. Mohammed heet hy, of ahmed, of ahma, en so in die vinnige verby praat onthou ek die guinnes book of world records, seriaas ek lees ook wanner ek nie aan die jaag is nie, en ja Dubai is die plek waar die meeste Mohammeds in die wereld bymekaar is, en wat maak hulle hier. Jaag. Want dit is lyk my wat mens doen hier en jaag jaag jaag tot die son onder is en jaag jaag jaag tot die son op is, en slaap bietjie hier en daar maar lig en gesteurd want mens wag amper vir 'n aankondiging 'n luidspreker wat dalk iewers sal aankondig waarna almal jaag want ek vra en ek vra en almal antwoord, maar dis sulke halwe waarhede. Sulke inklinasies, sulke sulke sulke stukkies van sinne en woorde wat in gebroke engels uitgespreek word en jirre engels is nie eers my eerste taal nie en ek sukkel om te verstaan tussen die babelse gebabbel en die gejaag en niemand wil my rerig antwoord nie. En ek gaan sit.

En ek haal asem.

Verwyder my uit die alewige fokken mal gejaag.

En ek besef. Dis leeg.

Daar is nie antwoorde nie.
Niemand se iets nie want hulle weet self nie. Maar hulle jaag maar saam, en in die verte hoor ek die ge BÍ Íh Íh van die skape en my hart begin vinnigger klop en my asemhaling raak korter en dis asof daar cheap drugs in my are ingespuit word en dit skop in en my voete begin al hoe vinnigger op die pad slaan en daar gaat ek en weet nie waarheen nie, maar hel ek moet jaag en jaag en jaag en dit maak die wÍreld rond ja.

Chris Rootman

Sandstene

Die helder son brand my oŽ en die sand
Waai orals in
Wat 'n kak land, sÍ ek
Weet nie hoekom het ek ooit hierheen getrek
Seker maar my siel vir 'n paar silwer dollars verkoop en nou moet ek die consequences daarvan leef.
Ek sidder en beef want ek weet hierdie dinge is nie waarna ek streef
Maar nou is ek hier en en my vlerke is af
JY MAG NIE SWEEF
SÍ hulle wette en ses jaar tronkstraf
Is nie 'n paar trekke werd, so ek sal maar uithou
Maar die lus bly kleef
Meer as 'n jaar later en die geringste gloeisel van 'n chemikalie laat my bewerig raak
Ek wil braak want ek probeer so hardmaar snaakse reuke kom soek my
Asof hul my wil tart
Gemengde gevoelens oor my nuwe skoon hart

As die dae net nie so lank was nie
Sou ek dalk makliker kon vergeet van van my nagte sonder slaap
Maar ek hunker na 'n wegbreek
'n sielsteek
net 'n teug
'n trek
party nagte wil ek selfs smeek
net 'n stukkie, 'n rookie, 'n stuk
om my uit hierdie aaklige plek en situasie te ruk
al word dit nou koeler
is ek nog bedruk
en sweet ek en soek ek
'n plek om te bid
maar die moskees druk jou vas
ja een op elke hoek
dan reik ek maar in die oggende
na ons Heilige boek.
Wie weet
Dalk is dit al wat ek soek.

Chris Rootman

pieter

Dis iets wat is/was/wees/
Ek is vlees
my vriend maar so bevrees
dit is
jou brein
wat my kop
laat omdop
hy (brein) was twee geslagte
en toe een
en toe jy ...

My brein sein
Syn
Pyn
Ryn?
Brein se pyn is vlees
Nie waar?
Omdop
Kop Stop nou
GOD!

Chris Rootman

Mercurius Venus Aarde Mars

Die ou swere sweer vandag
Weer diep lyne en pynvolle
Herrinnering
Van ou geween
Snye, rowe en gesplete skeen
Ekt gehoop / gebid
Dat ek al hiervan
Afgespeen
En skoongereen
Is -

Maar ek SKREEU!!!

Ek vervloek julle
HOERE!
Die bloed van
Julle dade vloei
Vanaand uit my ou
Wonde uit
Fokken recurrent
Soos maandstonde!

Stop nou FOK
Voor ek my trouvrou ook drop
Sy: haar VAT is so sag
En met haar gentleness
Gaan ek kan vra
Seblief Bianca,
Sal jy hulle letsels
Van my af kan was?

Ek revoleer teen die geskiedenis -
Brand dit: nietig, soos as
Soos as
Soos as
Meneer van as my das gaan u nie pas
(woorde van die verlede
hou my nog vas,
en mense,
maar dit gaan mos alles vrot
soos blare
soos gras
nietig en niks
soos as
soos as)

Ek kan weer loop
Van ek jou ken
Langs jou my lief
Stap ons IN PAS
Trotse lovers
van mekaar
en Afrikaners
as ras

Ek koop 'n treinkaartjie na nerens
en op die sitplek los ek al my pyne en sere
en sukkeling van die verlede
In 'n ou bruin tas

Dis al

- Chris Rootman

Bang

Bang
Vir die
Aaklige groen
Grusame monster
Wat
Buitekant die
Hok staan en blaas
En sy woede in
Onvolwasse aggressie
Uithaal op sy innocent
Gevangene.
'n Skouspelagtige
dans-geveg tussen
prisonier en
monster -
verlei die draak-
wat blind is van woede
en in
'n
keurige rollespel
verloor
die monster
'innocent' prisonier
in sy eie
hok

- Chris Rootman

Jo

FOK JO!
Dis diep in Oktobermaand en ek mis
Die jakarandastad terwyl die kaapse wind
Lui lui
By my agterdeur inwaai,
En 'n grilling in my nek afstuur.
Die rekenaarskerm word deesdae my wegkruipplek!
Hou jou bek, Jo
ASB
Vat jy my vir 'n Gek?
Jys DREK
VREK!
Trek net
ASB
Hou jou bek
'Tik klik dik dik tik klik'
gekleurde woorde bring ritme
in die getik-tik van die knoppies
en die wielietjies,
en die draaie loop snaakse paaie met my
kop.

Ek kyk weer OP
Hoekom het ek ooit gestop? 'n Vet kurk in my sesde sense geprop.
Nou is ek heel uittouch met die heelal
Se klop
STOP
Die flikkerlig van myskerm
Maak 'n draai in my derms
Wat swaai en kraai en laai.
Ek het myself verraai
Ma ek is nie daai,
Soort.
Die rekenaarskerm word deesdae my
Wegkruipplek
Hou jou bek, Jo
ASB
Vat jy my nog vir 'n gek?
Jys DREK
VREK!
Trek net,
ASB
HOU JOU BEK!

- Chris Rootman

Vir jou wat skryf en byt en krap

(in reaksie op Bianca van Vuuren se Vir jou, Joe)

Wat het hy in sy mou?
Die Joe
Wat jou so innerlik omkrap?
Klink vir my Joe
Was nie net nog 'n ou
Maar dalk die een
Met wie jy wou trou!
Verskoon my seblief
Ek kom val hier in soos
Die groot woordedief
Maar ek voel deur JOU woorde
Dat hier
was jy dalk lief.

Sy terte was nie net 'n advertensie,
Maar verklaring van sy liefdes-impotensie
Dalk 'n commitment phobia
Miskien tekort aan lewens-essensie?

Meisie. Jy hoef nie meer te grens nie.
Hy verdien nie jou rym nie

- Chris Rootman

Antitesis van voorbehoede

Jy is pragtig. Binne en buite. Eks mal oor hoe jou kop werk, en jou idees en ek wil jou leer verstaan en ken en ontdek en vashou en my maag-vel teen joune druk en jou hand vashou in die publiek en trots wes dat ek langs jou mag stap en my tone tussen joune inkrul en jou soen in die staatsteater en jou hare ruik in die kar op die sitpklek langs my en vir jou boeke gee om te lees en my lippe om jou bors krul en vir jou vertel van andre brink wat my so kwaad maak maar ek kan hom nie haat nie al wil ek en jou na plekke vat in ons land wat ons nog nie gesien het nie al was ons al altwee daar maar saam is dit heel nuut, en jou sien groei as mens en my duim teen jou klitoris druk en voel jou rug kruk en jou asem diep inteug en jy my naam se en vir jou elke dag skryf en vir jou se hoe mooi lyk jy en skelm loer as jy nie weet nie en sien hoe gelukkig jou glimlag lyk en jou op jou wang soen sodat jy weet ek raak lief vir jou en hoe lief ek vir jou gaan wees en jou trane van jou gesig afvee en nie net se dat alles gaan ok wees nie, maar dit bedoel en weet en jou styf vashou dat die snikke bedaar en my harde dick diep binne jou indruk en jou weer my naam hoor se terwyl jy prewel dat ek jou moet hemel toe vat en vir jou vertel hoe ek elke aand aan jou dink terwyl ek aan die slaap raak en weet daar wag 'n toekoms en hoor hoe jou verlede was en saam jou onsself lossny van dit wat was en ons oe van die grond af optel en die wereld in die oe kyk en se ONS IS, en weer sterk word en aangaan en net kan vorentoe kyk en korter en korter asem haal terwyl ons asems saam begin vinnigger hyg soos ons liggame een word en my liefde jou as vlees keer op keer binnedring en meer gefokus raak en my hand oor jou wang vryf en saam beplan aan die toekoms en ons ideale met mekaar deel en droom oor wat wag en piekniek hou in die botaniese tuin en in Knysna op Oupoot se paadjie stap en Europa se kunsgallerye plat toer en 'n skielike dringendheid aan ons binnestes en harder en vinnigger en lekkerder en harder en vinnigger en lekkerder en in en uit en in en uit en en en en aah uuh kreun ons saam en skielik is dit warm en ek kom BINNE jou en ek skreeu. EK is lief vir jou!!!!!!!!!!!!!

- Chris Rootman

VIR B

Dit is donker buite en laat in die nag,
En hier sit ek nou met al die ligte af
Nes ek daarvan hou,
vol kreatiwiteit wat wag, weggesteek agter die hoeke
van die lee bladsy - (van ons lewe wat wag)
Soos lotto wen: 'n onverwagte bedrag.
Meisie! Jy laat my weer lag!
Jy laat my na jou teenwoordigheid smag!
Jy gee my nuwe krag!
En as ek my oe toemaak
Voel ek
Jou vel
So sag
Jou fisies teen my
Met soveel mag
EK LAG

Ek hoor al die voŽltjies buite
Roep roep
DIS 'N NUWE DAG
En Eintlik wou ek net sÍ:
My LIEFLING
Goeienag!

- Chris Rootman

Liptaal

Ek voel jou lou-warm
kyk op my mond
Jou oŽ in my wÍrled
in staar
Jou lippe 'n
Copy!
Wegkruipertjie afgeets teen
Dieselfde lyne van my.
Ek wens ek kan
Blou lugbubbles blaas
Wat speel speel 'n eindelose
Pad
Opsoek
Na mekaar!
Jy en Ek
Ek en Jy
Wat gaan aan?
Dit voel of my hart gaan staan!
DE DOEF DE DOEF DE DOEF
140 BPM
Die Roland TR909 skop in!
Saam met my en ek dans so hard
Dat die son lui raak om op te kom.
DE DOEF
DE DOEF
Net soos 'n hartklop
DE DOEF
'n amper al lyk
DE DOEF
'n Konfirmasie van lewe
DOEF
Reminder
De doef
Dat ons nog aan die lewe is!!

- Chris Rootman

Evaluasie van Chris Rootman se gedigte

Wat dink jy van Chris Rootman se gedigte?

Uiters swak
Swak
Kan beter
Goed
Baie goed
UItstekend
Uitsonderlik
  Uitslag en Menings

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner