Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

BinneIn

In die maal en draai van my wese
Is ek vasgevang tussen toeka en nou
Kan ek tevrede wees is dit my keuse?
Gaan ek dood deur my gedagtes te herkou

Ek gaan mal van die aanhoudende geraas
Selfs in die donkerste donker is ek nie stil
´n soekende reis, is daar niks wat my verbaas
Waar is my vrede, moet ek dit soek in ´n pil?

Vasgevang in die vlaktes van my draadwerk
Soek ek na ´n uitkoms, ´n lewe, ´n vreugde
My vlerke is afgesny, my bene kort en beperk
Ek wil sweef, vry wees, ek soek nie dié hede

die weergalmde roepe in die donker nag
my geskreeu na hoop, liefde en vrede
´n antwoord van God, het Hy vir my gewag
Nie meer soekend, ´n begin ´n nuwe lewe

In my gespartel voel ek nuwe krag
´n stem op die wind, sag en vol lewe
helder lig wat skyn, is dit ´n nuwe dag
´n nuwe begin, ´n pad om na te strewe

- Roché de Kock

Ondersoekend
Jaag ons na iets wat ons nie ken
Of is ons vasgevang in vandag se klem
Wat is cool en reg volgens die wat weet
Sal dan nie weet wat ons toekoms heet

In vandag se tyd leef jy vir jouself
Waarom soek ons anders as om te delf
In dit wat jou waarde gee in ´n sinnelose
Losgeskarrel van die dinge van die bose

Verloor ons dit waarvoor ons bestaan?
Is ons lewens besig om te vergaan
Is daar dinge wat ons moet laat gaan
Of is ons bestem ons die nuwe weg te baan

Sex drugs en Rock en Roll
Is dit alles dinge wat met ons lol
Het die tyd gekom om te rigting te verander
Deel van ons missie ons doen dit nie vir ander

Kyk ons na die buurman se kraal
Sodat ons die lewe daarby kan bepaal
Vlieg ons hoër as wat die wind waai
Of maak ons ´n sinnelose geskop en bohaai

Help my om my lewe te bepaal
Om te staan tot wanneer Hy my kom haal
Om nie te hardloop agter elke sin en woord
Brood alleen is nie vir my tot my dood

- Roché de Kock

Soekend
In die maal en draai van my wese
Is ek vasgevang tussen toeka en nou
Kan ek tevrede wees is dit my keuse?
Gaan ek dood deur my gedagtes te herkou

Ek gaan mal van die aanhoudende geraas
Selfs in die donkerste donker is ek nie stil
´n soekende reis, is daar niks wat my verbaas
Waar is my vrede, moet ek dit soek in ´n pil?

Vasgevang in die vlaktes van my draadwerk
Soek ek na ´n uitkoms, ´n lewe, ´n vreugde
My vlerke is afgesny, my bene kort en beperk
Ek wil sweef, vry wees, ek soek nie dié hede

die weergalmde roepe in die donker nag
my geskreeu na hoop, liefde en vrede
´n antwoord van God, het Hy vir my gewag
Nie meer soekend, ´n begin ´n nuwe lewe

In my gespartel voel ek nuwe krag
´n stem op die wind, sag en vol lewe
helder lig wat skyn, is dit ´n nuwe dag
´n nuwe begin, ´n pad om na te strewe

- Roché de Kock


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner