Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Water

Die water het my meegesleur,
Maar verwoed het arms teruggebeur.
Daar was iemand om aan vas te hou,
'n Strooihalm om aan vas te klou.

My hart huil nog van verlange,
Oor al die dinge van vergange.
Die trane het al opgedroog,
Maar die water het nog nie weggedroog.

Denise de Klerk

Woorde

My hart is seer
Al hoeveel keer
Oor kwetsende woorde
In bitter akkoorde
'n Wag voor die mond
Is wat ons almal kort
Want woorde breek so maklik harte
En veroorsaak soveel smarte
Die tong werk oortyd
En later is ons bitter spyt
So, volgende keer as jy jou sê wil sê
Onthou waar die woord gaan lê

Denise de Klerk

You

I don't know if I need you,
But I'll die if I can't get you.
Coz I want you here with me by my side,
    by my side.

Your my heart
    and my soul.
Your my love
    and my smile.

Your the man of my dreams
Make my dream come true

Denise de Klerk

Sonskyndag

Dis 'n Sonskyndag
wat op my wag.
'n Dag vol kleur
om my op te beur.

Dis 'n Sonskyndag
In die Bosveldprag.
'n Dag vol klank
wat vir my wink.

Dis 'n Sonskyndag
wat my laat lag.
'n Dag vir onthou
as ek dink aan jou.

Denise de Klerk

Warrelwind Bestaan

'n Warrelwind bestaan
Tussen son en maan
Net soos ek en jy
In die tye van verby

'n Warrelwind bestaan
Gedagtes kom en gaan
Tye saam met jou
Is wat ek nogsteeds onthou

'n Warrelwind bestaan
Vat my vas, Neem my saam
Op die wieke van die wind
Na die tye wat ons bind

'n Warrelwind bestaan
Tussen lag en traan
Skielik is ek vry
Want geluk het my gekry

Denise de Klerk

Ek Gee Jou Die Boodskap, Bly!

Skoene uitgeskop
Hou ek jou stilweg dop.
Jy sit daar in die hoek, alleen.
Waar jou vreugde dan nou heen?

Trane biggel oor jou wange.
Hoe groot is jou verlange?
Hoe diep jou selfverwyt,
Daar in jou hoekie van eensaamheid?

Alle vreugde jou ontneem,
Geen vrede om jou heen.
Ek gee jou die boodskap, bly!
Moenie daarteen stry.

Jesus kom vir jou en my.
Hy't klaar die stryd gestry.
Oorwinning is behaal.
Hy kom om ons te haal.

Aan 'n kruis het Hy gely,
Uit liefde vir jou en my.
Geen groter liefde sal jy vind.
Hy maak van jou Sy kind.

Maak oop jou oë
En kyk op na Bo.
Vrede sal jy kry,
Genade ook daarby.

Sy arms uitgehou,
So, wag Hy vir jou.
Gaan jy dit aanvaar
Of die stryd nog net so swaar?

Denise de Klerk

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner