Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Kersgeskenk

Draai, draai klop 'n seisoen se hart
Waai, waai sy asems wat klink
Dis Kerstyd en 'n jaar wat tik.
Die plante kan sing na 'n reënharp

Draai, draai 'n maag wat lag
Waai, waai 'n kop wat dans
Dis Kerstyd en 'n geboortekans
Ek kan weer sing na 'n lang gewag!

- DJ Janse van Rensburg


Vandag II

Dis jy wat ek sien as rede nie waak
Wat ek sien in drome waar psige
   In spieels skrik vir f'sieke
Dis jy wat ek voel as twee hande raak

Dis jy wat lag as die lewe jou dans,
Musiek jou draai, nes my hart se kop
     Tart soos aas wat lok
Maar dis ek wat vry na tyd se kans

Dis God wat dig van toekoms na hede
En ons wat wag op kommas en tekens.

- DJ Janse van Rensburg


Vandag

Vandag besef ek, meer as ander dae
Dat jy eufinismies kosbaar vir my is
En ek skielik wonder waar ek kort laat,
Bang is dat jy my minder mis,
Weet dat ek eintlik als vir jou is
En dat ons liefde perfek balanseer,
Maar nie kan glo dat ek so besonders is -
As jy dan so pragtig, foutloos meer.

- DJ Janse van Rensburg


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner