|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Simon
Jy sit daar met jou vuil metras,
en niemand om jou op te pas ...
Ek wonder wat jou ma sou sê,
as sy jou op die straat sien lê, Simon
Simon, Simon
die bergie van die Wes-Kaap
Simon, Simon
die bergie waar oor almal tog so praat
Simon, Simon
ek sien myself baie keer in jou raak ...
Elke oggend is ek vroeg by jou
om hulp te gee aan 'n verlore ou
en 5 Rand kan jou baie help
die drankwinkels is verslaaf aan al jou geld
Simon Simon ...
die bergie
van die Wes-Kaap
- Wian du Plessis
Winter Vrou
elke oggend in die winter dink ek aan jou
as die trane van my ruit af dou
ek kyk na pictures van jou figuur
langs die krake op my kamer muur
jy sit en kuier by my pa se shop
sigarette wat jul rook en nog dood sou trap
maar moenie oor my worry nie
die diep kant was nog nooit diep genoeg nie
elke oggend in die somer dink ek aan jou
as die trane van my ruit af vou
en ek ondou die dae wat jy vergeet het
as ek jou weer ontmoet in 'n ander lewe
- Wian du Plessis
Kaapse Kaai
Vanaand is die kaap weer vol trane,
met die berge,die bootjies in die kaai
met die winde wat ruk en waai.
al die struggels van werkloose maande,
wat jou laat tuis voel..., dit raak donker en ek´s moeg..., my foon lei, en dis jy...,
die trane van verlore genis,
dis tog maar lekker as iemand jou mis. groote berge, verre karoo grond
hoor jy die klanke van die nag...
as ek jou roep hier van ver..., toema nou..., die branders in jou hart ken my
en jy weet mos hoe dit skilder...,
as die son opkom oor Kaapstad se kaai... - Wian du Plessis
Grondpad
skuil jou trane agter my oë
laat val jou asma op my rug
want ek wil jou nie sien sukkel
met goed wat jou nie pas nie... stap kaalvoet saam met my
op ´n grondpad in die nag
jy skitter onder die sterre
met jou vuil jeans en prag kronkel paaitjies sonder rigting
laat my dink aan jou en my
ondou gister toe ons kinders was
soos ons stap in hierdie growe nag - Wian du Plessis
|