Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Wintertuin.Lot

In die middel van die Savanna lê die klipkop,
van vêr gesien, byna niks
Grysgroen olifantsgras
eens golwend soos die see
lê nou geel-wit dor verlate
tot volgende jaar se reën

Alkant rys die donkergrys klipmuur hoog
met rankplant as die koepel boog
struike en varings groei uit elke gat en spleet.
Dis hoekom die plek 'Wintertuin' heet
Klein blommetjies van wit geel en blou.
bedek die geheime wat die 'Eden' hou
Jy moet stil word en luister na die wind
wat tussen blare speel en fluister

Van erens in die klipkring hoor jy 'n wanhoopskreet
Ja,n klaaglied wat tot diep jou siel invreet
vas gevang in rots en klip

Kyk verby gate en splete
net so links verby die bog
daar hang die gordyn van 'liane; af
van bo tot op die grond
Skuif dit versigtig weg
ja daar in skemerte gehul
tussen vloer en plaffon van klip
iets wat jou met deernis vul
Die skeenbeen wit gebleik,
die van 'n mens.
Onder die rots wat sy lot sou bring, verdwyn
sy regterbeen net bo die knie
Op sy rug lê hy, arms sydelings uit gestrek
mond wawyd oop
magteloos
geworstel teen die dood

Skuif gou weer toe die 'liane' gordyn'.
laat geen lig op wit gebeendre skyn
Is dit paradys of hel ?
'Wintertuin' het die een se lot gefel

Elza Smal

jou lêplek

Onder my vel het jy jou lêplek gekry
soos wintervingers
knyp jy my vel
en my hart kry seer
Ek krap jou los van my af
maar in my gedagtes kom jy terug
   tot by jou lêplek
onder my vel
Ek wonder of jy ook soms wens
ons terug wens tot by die plekke
   waar geen beloftes gemaak is nie
Ek verjaag jou uit my nagte
maar roep jou terug tot in my drome
Soos gister is jy deel van my vandag
jy is ver
doer ver van my af
Tog net hier in jou lêplek
   onder my vel

Elza Smal

Die Wagter

Die maan wag pêrel-oog
met flonker sterre aan die hemelboog
hy ken die ongekaarte grense van my hart
en elke voetval op gister pad
al kruip ek weg onder donker se skadu-jas
vly silwerstrale sag teen my vas

die maan wag pêrel-oog
soms net sy glimlag wat daar skyn
as spore van jou in my hart vervaag
en jou mensreuk tot byna niks verdwyn
kyk ek na die pêrel-oog maan
en hoor jou stem soos 'n druppel
woorde-wyn

die maan wag pêrel-oog
saam sterre in die hemelboog
ek onthou hoe ons hand aan hand
wandel op 'n sluimer strand
jou lag my oë laat vonkelvuur
en beloftes maak van liefde wat ewig duur

die maan kyk met dou nat pêrel-oog
hoe ek in die grotte van jou hart verdwaal
en fossiele opdiep in die stiltes van middernag
woorde het lankal in die mond verdroog
silwerstrale loer deur my venster ruit
voor slaap die wagter word teen vergetelheid

Elza Smal

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner