Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Mense

Ek light my sigaret,
en ek dink
aan al die ornamente
wat ek saam mee leef.
Die ornamente kyk na my,
maar ek kan hul nie gebruik nie.
Hulle is tog juis net dit,
ornamente, wat op hul plek hoort,
op sonbeligte kaste,
en in die middel van die tafel,
en op die kombuisrakke,
om alles mooi te laat lyk ...

Ek vat 'n trek van my sigaret,
en ek dink aan al die meubels,
saam met wat ek moet leef.
Die meubels soek na my,
om hulle te gebruik.
Hulle is tog juis net dit,
wat op hul plekke hoort,
in sitkamer en slaapkamer en kombuis,
ja hy kyk noord,
die meubels staan oral,
sodat ek hul kan gebruik ...

Ek maak my sigaret dood,
en ek dink aan al die mense,
saam met wie ek moet leef.
Die mense het my lief,
want ek het hulle nodig.
Maar hulle is meer as net dit,
en het geen spesiale plek nie,
die een hoort aan my hart,
en die ander aan my kop,
maar mense is so nietig,
hul gaan dan heeltyd dood ...

Emil Pohl

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner