|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Slot en grendel
Al hierdie gedagtes en idees opgebottel in my
vannaand en ek is nie in staat om dit te kan
toevertrou in enige iemand behalwee die skoon
vel papier nie. Dis mos ´n band-aid vir my siel.
Die strak swart reeltjies op die wit papier,
lyk soos tronktralies wat my binne hou.
Tog maak dit my vry van dit wat my
gevange hou hierdie kant van die blaai.
Wanneer die ink saamsmelt en die letters
in mekaar invloei is wanneer ek besef hoe
baie dinge ek deur my vingers laat glip het.
Hoe meer dit vloei, hoe leer voel ek van binne.
Sodra vader tyd kom saamskryf hardloop die
letters soos miere op die blaai rond sonder doel.
Ek dink nog die strak letters op die rustige vel
papier ontbloot te veel van my wroegende siel.
© EriktheUnready 2002
trilogie?
Deel een
Dit was vrydagaand
die maan was laag
DIs toe ek wonder
oor hierdie vraag...
Die bier was koud,
die eerste een lekker
Dis toe ek nog drink
ag, ek is mos so ´n rekker
Dis raak toe mos laat
Dis ´n baie lang pad
Die kerkhof vanaand,
is waar ek kortpad vat
Ek was driemaal om die graf,
toe dit my begin pla,
of die vet spook my jaag
of was ek dan nou agterna?
Deel twee
Die ou spook was so vet,
ek moes ´n ruk vir hom wag
sodat hy kon asem skep
voordat hy my weer jag.
Toe hy my op die skouer tik
het ek weer begin hol
Dis toe dat die vet spook
al agter my aan rol.
Dom is ek nou nie...
Die die term was "spesiaal"
Na nog tien keer om die graf,
dis toe dat ek huistoe nael.
Ek moes buite slaap,
vroulief was behoorlik boos
Toemaar ek was nie alleen nie,
die spook se naam was Koos.
Deel drie
Laat ek jou vertel
so van man tot man
drink bier in matigheid,
nie die hele dam kan.
Vrydagaand was gou verby
so tussen hardloop en bevuil
en in die oggend voel jy
nes die agterkant van ´n muil.
My raad aan julle is:
As jy deur die kerhof sny
maak seker jy is nugter
anders gaan Koos jou vry...
© EriktheUnready 2002
koffiemoer in my teekoppie
ja ma, hy is ´n moffie
ek kan mos nie vir hom kies nie
pas my egter, meer vroue vir my
die goeie soort buddy, hy sal
nooit my meisie afvry nie
ja ma, jy't mos altyd ´n
probleem met my
nee, ek weet nie hoekom ek
nooit by so-en-so uitgekom
het nie, sy was seker net
nie reg nie
ja ma, ek party die hele
nag lank tot sonsopkoms
dis vir my lekker al hou
jy nie daarvan nie oraait
ja ma, het gaan my werk
bedank want ek hou nie
daarvan nie
lojaliteit word nie in
die moderne samelewing
meer gewaardeur nie
ja ma, ek hou partykeer
daarvan om alleen te wees
dis my privaat tyd
daarsonder voel ek partymaal
ef ek sommer wil bars
ja ma, ek is nog lief vir
liewe jesus al voel ek
partykeer dat hy van my
vergeet het, maar ek stres
nie daaroor nie
© EriktheUnready 2002
ragnarok
Die wind se handvatsels ontwyk my,
die storm se hale omhels my.
Tog takseer ek die woeste weer
as gevolg van my verslawing.
Die golwe se se remme is onklaar,
die seestrome slee my genadeloos mee
More is ek weer hardkopping terug
as gevolg van my verslawing.
My huisie is op rots gebou,
maar jou oe skud my fondasies.
Geologiese abnormaliteite braaf ek
as gevolg van my verslawing.
Verslawing is: Jou sjokolade-soet,
fluweel-sagte lippe op myne.
Gevlegde vingers en klam palms.
Jy gooi my wereld omver...
© EriktheUnready 2002
|