Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Karwag

Deur die venster van my lugversorgde kantoor sien ek jou
Elke dag staan jy daar

In die bakkende son staan jy
Terwyl ek my Desember vakansie by die see beplan
( " die strandhuis het 'n uitverf nodig" )

In die ysige koue staan jy daar
Terwyl ek, warm in my ontwerpersbaadjie, dink aan my warm bed met die elektriese kombers
( " ek moet nuwe komberse koop, verlede jaar s'n is uit die mode" )

In die gietende reën staan jy
Terwyl ek na die druppels teen my venster kyk
( " ek sal 'n nuwe sambreel moet koop" )

Vanmiddag na werk gaan doen ek inkopies en parkeer naby jou
Ek sien jou egter nie eers raak nie, my kop is te besig
Ek sien nie die swaarkry in jou oë nie
Ek hoor nie die pleit in jou stem as jy vra of jy maar kan oppas nie
Ek knik net my kop, ek het jou nie eers gehoor nie
Vir my is jy net 'n onbelangrike las

Later kom ek terug, my arms vol inkopies
Ek het nuwe komberse gekry
'n Nuwe sambreel ook
En net vir die lekker; ingevoerde Belgiese sjokolade

Ek klim in my luukse voertuig en as jy gelukkig is onthou ek van jou
Om jou onder my voete uit te kry gee ek jou my kleingeld
Miskien is dit 'n rand of twee
Miskien net 'n paar sent
Ek vergeet hoe nodig jy dit het en hoe dankbaar jy daarvoor is

Vanaand by die huis eet ek 'n warm bord kos
Ek vergeet dat jy dalk vanaand nie eers 'n stukkie brood het om te eet nie
Ek gaan slaap in my warm bed en vergeet dat die sypaadjie dalk jou bed is

More staan ek op en kla oor die dag wat voorlê
Ek vergeet dat jy ook opstaan met die hoop dat jy vandag meer sal verdien
Jou kinders het kos en warm klere nodig

Vir my is vandag nes gister en more sal nes vandag wees
Jy sal weer daar wees maar ek sal jou ignoreer
Ek vergeet dat jy 'n mens is nes ek
Vir my is jy onbelangrik
'n Las
Jy is 'n karwag

Ezilda Lerm

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner