|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Droom saam my
(engel droom altyd)
nog die hele tyd voel ek vir jou
ek het nie van jou (engel) vergeet nie
Nooit ...
nee, Nooit ...
ek gaan vashou met alles wat ek het
tot ek nie meer krag het nie
en as my menslike krag opraak, sal ek bid vir nog,
om vas te hou ...
ek sal jou in die donkerste nag bewaar en beskerm (met my ontvangde krag)
teen gevaar van buite en ook van binne
rus sag.droom Groot
gebruik my hande soos jou eie
maak my deel ...
dis my lewenswens ... deel van jou
hou my hand
dan lei ek jou deur die Droomdaisies van die lentetyd ...
Francois van Dyk
Lê dit neer
(engel ek luister)
'saggies' ...
Hard of sommer so,
lê dit neer my engel
bring dit hierheen
ek sal luister as jy skreeu of fluister
geen skel of harde woorde
geen snaakse kyke of aanmerkings
net my beste, sagste kant is goed genoeg vir jou
dag of nag, ek is hier,
ek is hier ...
so lê al jou probleme voor my neer ...
dis net ek, die een wat jou sonder foute sien
perfek is jy.want jy is vrou ...
'n engel vrou ...
Francois van Dyk
Mis in oorvloed
(Aan 'n Engel)
sy ...
sy glimalg vir my
al dink sy ek sien nie
maar ek doen
ek doen altyd
ek mis niks ...
nie 'n enkele detail ...
van haar blonde aspoestertjie hare
vasgemaak in 'n poniestert,
tot haar kleine fyne voetjies
al dra sy groot skoentjies,
jou oë trek skrefies,
al is dit net effe
maar hulle doen
elke keer as jy ophelder
om mense om jou te verjeug
ek dank jou ...
... engel ...
en ek lag saam
al weet ek
ek gaan jou glimlag mis ...
Francois van Dyk
L se humeur
(Oor 'n Engel)
Tel tot tien
1, 2 ... 3, 4 ... 5 ...
stadig, stadig ...
nie so vinnig ...
engel ...
sê net stop ...
die tyd sal staan,
tyd sal wag vir jou ...
mense sal in hulle spore gaan staan,
hulle wag net vir jou,
om die woord te gee,
om voort te gaan ...
met die dinge en late van die gejaagte wêreld ...
tel weer asseblief ...
tel sommer tot twintig ...
tel vir my ...
gee my tyd om jou alleen vir my te hê,
sonder steuringe ...
al wat ek vra is 'n sekond of twee ...
drie ...
ok, vier ...
kan nie help nie,
jy's verslawend ...
engel ...
tel weer asseblief ...
Francois van Dyk
(Vir 'n Engel)
Die 'winter' van my hart
(Vir 'n Engel)
Ettiene Steyn sing van die "storie van my hart",
Bryan Adams sing van sy perfekte somer
Saam die liefde van sy lewe,
Ek skryf egter van die winter in my lewe
'n winter waar die sneeu in my hart val
seisoen na seisoen, sonder verandering
somtyds vergeet mens van die koue,
raak mens gewoond,
aan die wind, ryp, dou, en selfs die verworpenheid
mens leef deur dit
probeer die mooiheid in die koue sien
dis lang, koue wintersaande,
alleen ...
maar ek skilder 'n portret
vol herfkleure en self wintergeure
sodat as jy dit aanskou, jy sal onthou ...
... van die lang, wintersaande in die koue Potchefstroomse lug ...
Francois van Dyk
|