|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Slang
Die slang het uit sy nes geseil
Hy wou nie meer skuil
Angs het hy gesaai
Terwyl hy in die stof baai
Bekommerd word hy aangestaar
So klein en hy spel gevaar
Met gif is hy getooi
Terwyl hy wag vir sy prooi
Koue ogies gluur jou aan
Nërens blink ´n traan
Vreesloos kyk hy na jou
Beset hy die paadjie so nou
Sonder wapens val hy
Sy stekels raak my
Voel hoe hy werk
Met ´n doepa so sterk
- Karien Frans
Tweestryd tydens vrae
Sê wat jou pla
Antwoord as iemand iets vra
Sê wat jy wil hê
Moet nie sleg sê
Tye is so swaar
Vyande bly daar
Hul sit en wag
Om oor jou probleme te lag
Elke sekonde wat getel
´n Minuut louter hel
Gevoelens moet jy berg
Voor iemand jou terg
Trane word gestort
Wat sal van jou word
Stilbly is ´n antwoord
Gaan maar verder ongestoord
- Karien Frans
Ek het my gister probeer vergeet
Saans rol jy rond
Bang soos ´n maer hond
Druipstert half gesit
Met oë oop sal jy bid
Want gister begin kla
Hou aan vrae vra
Woorde sonder ´n begin
Iemand onbemin
Vrees laat jou lam
Foto's laat jou tam
´n Gesig sonder ´n naam
´n Sonde sonder blaam
In die skadu's bly jy staan
Bly oor elke gestorte traan
Wie sou kon weet
Ek't gister probeer vergeet
- Karien Frans
Ritme van die nag
Verlede aand het ek op ´n plek gestaan,waar die donkermaan so spelend en sag vir die stere fluister oor stille waters wat wag. Die Liewen Heer, weet wat daaronder gebeur. Hoe twee liefdes mekaar vashou so teer. Met die krieke se bekorende sang in vervoerend wang teen wang. En die mooiste gebaar, was toe hul in mekaar se oë staar.
Hy't die voortou geneem,haar agteroor laat leun. Haar klere laat val, en die maan vir haar gaan haal.
Hulle eie verhale is herskryf,wie ken die taal van die lyf?
- Karien Frans
Skeefpaadjie
My paadjie wou ek reguit loop
Selfs toe die lewe my onskuld stroop
Het ek nie swakheid geduld
Alles wat sou volg was my skuld
Met alles het ek fout gevind
Ek was dom en blind
Toe ek moes sien het ek my oë gesluit
Toegelaat dat ander vir my besluit
Vandag is ek baie spyt
Vooel ek selfs uitgesluit
Oor gister is ek jammer
Net die wete dat ek niks kon verander
Maak die prentjie nog erger
En my situasie nog slegter
- Karien Frans
Wanhoopsverhaal
Hier lê ek op my bed
Elke oomblik besig met gebed
Soveel dinge gebeur
Soveel dinge maak seer
As ek kon weet wat môre bring
Sou ek my lewe tot stilstand bring
My hart het soveel verlange
Soveel onherkenbare verborge drange
Soms smag ek na iets meer
Maar dan´s ek bang ek kry seer
Soek met my verstand
Maar hou my hart op ´n afstand
As jy soveel pyn moes ervaar
Maak die lewe jou klaar
Het jy alreeds verloor
Want niemand sal wil hoor
Soms wens ek iemand kom
Wat my hart sal laat blom
Wat die tuin sal nat lei
Sodat al die plante kan water kry
Die droogte in my hart het my laat dwaal
Laat almal onskuldig betaal
Met die put van drome dolleeg
En niks ernstigs wat gebeur
Voel die leemte al groter
En die seer en die smart
Oor dinge so onnodig
Bly my telkens tart
Dis êrens daar buite vir my
Maar ek laat dit telkens gly
Hoe kon ek dit toelaat, hoe kan ek myself so haat
- Karien Frans
´n Paadjie van smart?
Ek ken jou hart
Ek het gedeel in jou smart
Toe jy ween en ly
Het ek saam seerkry
Toe jy jubbel en juig
Het my trots gestuig
Want jy´t gelag
On aansien en prag
Want jou smart is versteek
Niemand hoor jou bedel of smeek
Jou sorge en kwale
Het hul eie verhale
Ja ek ken jou gesig
Ek´ jou sien swig
Tog het jy deur elke traan
Op die aarde stewig bly staan - Karien Frans
|