|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Donderstorm van gedagtes
Al donderend en grommend
bekruip grou grys wolke my.
Die son druk 'n laaste warm ligstraal
wat verdof in 'n oomblik van tyd.
'n Duistere donkerte sak oor my neer
en 'n rukwind druk my op my skouer.
Warm druppels water begin om my dreun
en los my water nat.
My brein begin krul om gedagtes van jou,
my liggaam smag na jou sagte aanraking.
Ek voel hoe rol die warm sweet teen my koel lyf af
terwyl die hitte van jou liggaam my siel bevredig.
Daar weerklink en blits 'n bliksemstraal deur my verstand,
Jy is nie meer.
Frans Andrews
Sara!
Sara!
Ego die word deur die gange van my verstand.
Dit dreun in my siel
en dan weerklink dit weerstondig weer.
Sara.
Kom die ego weer.
Dit ruk my regop,
die oomblik wat die woord my siel versteur.
Sara ...
Weerklink dit weer.
Maar die ego kom al sagter deur,
want Sara bly leef ...
Diep binne my.
Frans Andrews
Reisiger in tyd
Ek het Tafelberg bekyk vanaf die nat klipperige sand van Blouberg,
oor die rooi ruwe duine duskant Upington
deur die glansryke lowergroen woude by Knysna
soet geel mielies ge-eet in Parys
Tiervis gevang by Paradys Eiland
pik giet swart yster gedelf in Thabazimbi
en terug gekom duskant die goue gesig van die Duisend Heuwels verby.
My siel was vry ...
Maar my vlerke was swaar met vryheid.
Geen pad vir my voet.
Geen berg om te oorwin.
Geen woud of woestyn om te deurkruis.
Geen hindernis om te verby.
Geen voeding vir my liggaam.
na die plek ...
Wat my hart huis kan noem.
Frans Andrews
Liefdesduiwel
Met klein vingers hou sy haar greep,
die saksefoon is in haar mond en sy begin speel
en sy buig ritmies saam met die musiek.
Haar vingers gly stadig oor my koue lyf
en sy speel haar lied.
'n Lied van hoop.
'n Lied van smart.
Die lied van my lewe,
en die inspirasie om te sweef.
Te sweef op die vlerke van my hart,
al hoër en hoër .
Totdat haar brose vingers aan myne raak
en ek weet ek is, omdat sy daar is.
Brose duiwel van my hart,
speel jou lied,
speel jou lied van liefde vir my.
Frans Andrews
Woorde
Gedult,
die een woord wat ek nie verstaan.
Tyd,
die een woord wat ek haat.
Liefde,
die een woord wat my ongaan.
Verlange,
die een woord wat ek verstaan.
Hartseer,
die een woord wat ek nou beleef.
Sara,
die een woord waarvoor ek leef.
Frans Andrews
|