Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Erna

Soos 'n kuiken, pap en kaal
het ek jou uit jou nes gehaal
en in my palm warm gehou.
Maar waar is daardie palm nou?

Hoe graag wil ek jou by my hê
as ek alleen saans wakker lê.

Ek het jou binneste ontbloot,
jou rondgetrek en rondgestoot.
Terwyl jy dink ek doen jou goed
het jy jou onskuld ingeboet.

Hoe graag sou ek jou nou wou hê
as ek alleen saans wakker lê.

Jy het jou als vir my gegee,
maar ek het gespeel daarmee.
Ek het jou slinks na my gelok
en jou verraai, vir jou gejok.

Ek wil nog baie vir jou sê
as ek alleen saans wakker lê.

En nou, wie is die sterker een?
Wie is gewild en wie alleen?
Ek wil jou om verskoning vra
en heeldag op die hande dra.

Dalk sal jy my weer wil hê
en saam met my saans wakker lê.

- Frikkie Truter

Van Salmon

Kom dat ek jou lyf kan steel,
ek wil bietjie daarmee speel
en as ek bietjie rof sou raak,
saggies salfies daaraan streel.

'k sou jou lyf vir my wou vat,
als ondervind, die sag en glad
en as die son dit droog sou maak,
maak ek dit met roompies nat.

Kom dat ek jou lyf kan soen,
lekker dinge daarmee doen.
Maak die Maandag vir jou blou,
verf ek jou rooi geel en groen.

Kom dat ek jou lyf kan druk
en teen my hou, die hele stuk.
Dan kan jy uit my hart uit pluk
klomp van my oorgenoeg geluk.

- Frikkie Truter

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner