|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Martelaar
Indringer, verraaier, tweegesig jy
waarom probeer jy my so onderkry?
Alklaar het jy een gebied verwoes
Nou probeer jy weer
wat ek plant wil jy oes
Op die oomblik is ek klaar geknak
maar
jy bly krap en steek en haak
Waarom kan jy my nie in vrede laat?
Jy het gekom en jy saai net haat
Verwilder en verwyder geliefdes van my
Beskinder my naam sodat ek dit noot
weer skoon sal kry
Het jy nie genoeg?
Jy vat en vat
Ek saai en sweet
en jy weet
My vrugte sal jy eet
- Estie Geldenhuys
Binne my
Briefie vir my, van my
om die seer te verspeel
'n nuwe hoop te kry
Hunkering, knaende pyn
Bring met elke asem
die hoop om te verdwyn
maar waarheen hardloop jy
as die seer
binne jou eie liggaam bly
Daar is net die hoop
dat tyd sal heel
en my jeug sal terugkeer
want jy het dit gesteel
Of het ek dit gegee
Jy het verwag, geneem
gesteun
op my
jou vervul
aanbeweeg
weg van
die leeggetapte liggaam
van my
- Estie Geldenhuys
Pyn
My lewe het om jou gedraai,
My eerste, laaste, vroegste, laatste
Gedagte was aan jou
Maar die jare loop en lewenswinde waai
Jy groei en bou aan alles behalwe ons
Ek het gedink jy sou
Probeer om ons te behou
Maar jou drome maak jou groot
Te goed vir my
My oë gaan oop
Dit is tyd
Ek Bloei
Ek loop
Jou rug gedraai
My trane vloei
Jou dae loop aan
Jy dink nie om my weer te kry
- Estie Geldenhuys
Skaduwee van jou ...
As die pyn so skeur, skeur, deur my siel
Stadig stukkend myself verniel
Waarom wag en hoop ek vir nog
My hart draai en smag na jou
Jou rug gekeer op my
Jy gaan nie vou
Waarom moet ek smeek
Jy stamp en stoot en breek
Terwyl jy lag
Sit ek jou skaduwee
Om die hoek vir jou en wag ...
- Estie Geldenhuys
Toegedraai
As die gedagtes van my hart deur my oë praat
En my wange bol wanneer my tande kraak
Kan ek net wonder ... waar is my redding, waar is my boot
Alleen tuimel ek deur stormwaters ek verdrink in my nood
Mense om my praat en lag en leef
Ek krimp ineen ek stress ek huil ek beef
Gange en draaie van die lewe gooi my omver
Net een kans ek kan dit nie hê
Ek fight ek val ek staan
Siel dor en droog 'n toegedraaide kraan
- Estie Geldenhuys
Shaun
Vanoggend het ek die nuus gekry
Vir vyf jaar was jy elke aand by my
Ek het jou skaars geken,
tog het ons paaie gekruis
Jy het my vriendskap gewen
So jonk en spontaan
Hoekom moes jy gaan?
Ons het seergekry
Ek is die een wat moet agterbly
Vir so lank het ek jou in my gebede gedra
Jou liggaam heel en volmaak
Jou siel onleesbaar
Jou brein vermink
Elke dag moes jou geliefdes sien,
hoe jy verder en verder wegsink
en ek kon myself nie kry,
om na jou te gaan
my hart wou nie aanvaar
dat jy net met leë oë
na my sou sit en staar
En nou is jy weg
En ek is so ver
Ek dra 'n paar woorde aan jou op
Mag die Heer jou in sy arms dra
Mag jy nou vry wees
Na jy so lank vasgevang was
My hart is te seer
om die woorde reg uit te lê
Ek het te veel vrae
Te veel om te sê
Nou sê ek totsiens Shaun
Mag jy in vrede lê
AAN DIE BEGIN VAN DIE VYFDE MAAND VYF JAAR GELEDE
HET ONS IN 'N ONGELUK GELY
NA VYF JAAR AAN DIE EINDE VAN DIE VYFDE MAAND
IS JY BEVRY
- Estie Geldenhuys
Giggelukkig
MY HART IS VOL VAN LAG EN LEKKERKRY
EK SIT EN DROOM DIE DAE VERBY
GLIMLAGGIES VERHELDER MY GESIG EN EK KAN DIT NIE KEER
EK SUG MAAR DAN GLIMLAG EK WEER
DIS RUSTIG BINNE MY EN RONDOM MY
NIKS KAN MY VANDAG ONDER KRY
SO LEKKER OM TE LEWE EN TE LAG
WANT EK HET SO LANK GEWAG
OM MY TE AANVAAR EN VREDE TE VIND
EK IS VRY MY SIEL IS SKOON EN REIN SOOS 'N KIND
MY GISTERS GLY WEG SOOS SAND
WAT JY PROBEER VASHOU IN 'N VERSPREIDE HAND
DIS LEKKER OM DIE ONNODIGE TE LAAT GAAN
VANDAG LAG MY HART
MY GISTERS HET OPHOU BESTAAN
- Estie Geldenhuys
|