Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

'n Kleikind se vreugde

Met eetbare klippies
op die grondpad
baljaar ons met lapperskoene
sodat ons drome aan die hemel kan vat.

Met groot togte na die swembad
en avonture by die baan
dans ons op mondfluitliedjies
in die lig van die maan.

Met koerantpapierballe
en vingers vol wyn
lei hy ons deur
ons kattekwaad pyn.

Met wyse oë
en 'n warm hart
stuur hy ons
na die regte pad.

Gerda Dreyer

Dieper

Diep, dieper as van tevore
Binne waar niemand al gedelf het nie

Onder al die rots
die las van smart
Onder al die diamante
die kosbare konstantes

Dieper as dit
verdruk, versmoor, vermoor
Daar lê dit
lewenloos leeg en sonder hoop

Harder as graniet
Sagter as satyn
Daar lê dit ...
Daar lê my hart

Gerda Dreyer

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner