Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Fluister

Ek is so geraak deur jou passie
Ek smag na jou, begeer jou
Vat my, vry my
O, vul my
Omvou my met jou vlerke
Jou lippe laat 'n vuurstreep
Op my lyf agter
Gebrandmerk
Woorde onnodig
Woorde oorbodig
Maar fluister tog net eenmaal
Dat ek vir jou saakmaak.

Gypsiegirl

Ek droom sommer

Laat my nog eenmaal in die hemel van jou arms lê,
Waar die guur storm wat in my woed, stilraak
en die maan van ons liefde ons omsluit
O Godsalbaster!

Tog, maar net 'n sewe maande oomblik wat nou in skerwe spat.
'n siddering gaan deur my lyf:
My raspertong ons einde?

En ek wat om genade smeek!
Laat hierdie bittergalbeker wat ek nou MOET drink, gou verbygaan.
Ontdroom hierdie nagmerrie

Laat my tog nog net eenmaal die hemel van jou arms ervaar,
waar jy die storm vir my stilmaak.

Gypsiegirl

Ek, Spookvrou van Modderfontein

Ek wens so ek kon jou eerder haat,
want jou-liefhê is te seer!
Fokkit
Fokkit
Fokkit!
Voel ek kan nie verder skry@%$&*..

EK wat Droomvrou moes wees
Trouvrou wees,
Jouvrou wees,
Nou Spookvrou van Modderfontein,
Waar die modderpoel my aftrek
want jy sien my nie,
proe my nie,
voel my nie.
Here, hoekom?
Hoekom!

Jy het die waarheid verkrag
my onskuld-vertroue verag
met jou Adams-piel-mag
en daai Luciferglimlag.

Liefjy, o, ek wens ek kon jou eerder haat!
Soos jy jouself seker moet haat.

Gypsiegirl

Blootstelling

Ek hou van jou
Omdat jou oë
(amper-winter-gras-oë)
Seine stuur van hunkering en verlange weet
Van deernis en ontferming
Naakte wellustige oë
Onbewus van wegkruip of heinings of hokke
Oë vir sig en insig
Daarom is jy vir my mooi

En ek hou van jou
Omdat jou mond
(speel-siniese mond)
Al is van jou wat nie seunsagtig is nie.
Want jou mond het kepe
Maar jou mond laat jou stem na lag klink
En jou mond weet van sag-soen
Daarom is jy vir my mooi

En ek hou van jou omdat jy afsprake met my maak
Al is jy soms bang dat jy vir my lief kan raak.

Gypsiegirl

Aartsonde

Sou ons vergewe word
as ons sou huiwer
die kans nie gryp
Hierdie liefde sou weier ...

Of sou die straf verskriklik wees?

Gypsiegirl

Blootstelling

Ek hou van jou
Omdat jou oë
(amper-winter-gras-oë)
Seine stuur van hunkering en verlange weet
Van deernis en ontferming
Naakte wellustige oë
Onbewus van wegkruip of heinings of hokke
Oë vir sig en insig
Daarom is jy vir my mooi

En ek hou van jou
Omdat jou mond
(speel-siniese mond)
Al is van jou wat nie seunsagtig is nie.
Want jou mond het kepe
Maar jou mond laat jou stem na lag klink
En jou mond weet van sag-soen
Daarom is jy vir my mooi

En ek hou van jou omdat jy afsprake met my maak
Al is jy soms bang dat jy vir my lief kan raak.

Gypsiegirl

Fluister

Ek is so geraak deur jou passie
Ek smag na jou, begeer jou
Vat my, vry my
O, vul my
Omvou my met jou vlerke
Jou lippe laat 'n vuurstreep
Op my lyf agter
Gebrandmerk
Woorde onnodig
Woorde oorbodig
Maar fluister tog net eenmaal
Dat ek vir jou saakmaak.

Gypsiegirl

Ek droom sommer

Laat my net nog eenmaal in die hemel van jou arms lê,
Waar die guur storm wat in my woed, stilraak
en die maan van ons liefde ons omsluit
O Godsalbaster!

Tog, maar net 'n sewe maande oomblik wat nou in skerwe spat.
'n siddering gaan deur my lyf:
My raspertong ons einde?

En ek wat om genade smeek!
Laat hierdie bittergalbeker wat ek nou MOET drink, gou verbygaan.
Ontdroom hierdie nagmerrie

Laat my tog nog net eenmaal die hemel van jou arms ervaar,
waar jy die storm vir my stilmaak.

Gypsiegirl

Nonnegebed

Al het ek lankal ophou bid,
soos ek eens gebid het,
bid ek nou,
soos ek nog nooit gebid het nie:
dat ek my nie sal toesluit
in die klooster van my hart nie,
maar dat ek jou sal opneem
in die vlamme van my lyf.

Gypsiegirl

Liefdes-orgie

Ek wil
die rewindknoppie van die lewe druk
en hom weer druk en hom inhou
En dan wil ek
die oomblikke wat ek jou delikate hart
op my mespunt gebalanseer het,
Uitwis
Ek wil
die gewonde kyk in jou sagte oë, die ongeloof,
Delete
Ek wil myself in daardie oomblikke elimineer.

Ek wil
'n ongewone nota met die wind stuur
En as jy luister, hoor die blare fluister:
"kom, my Bergdwerg"
"kom, my Windkind"
"kom, my Maanridder"
"kom, my Boomprins"
"kom, my Hartseheld"
En ek wil die Fynvlerkliefdesfeetjie nooi,
Ek wil die Glasprinses nooi, die Willekind,
die Bosnimf, die Toorblom
en die Gypsie ook ...
En ons sal begrafnis hou
oor die dood van ons mespuntliefde
En Lag
want dood is nie altyd seer nie
En dan sal ons die mees onbetaamlike orgie hou
oor die geboorte van ons roosknopliefde
En Lag
want geboorte is nie altyd seer nie, Lief.

Gypsiegirl

Fynfeetjieliefde

Ek wens daar was 'n lovefairy
met wie ek geheime koukus kon hou
oor jou
En ek sou haar vertel
dat ek so baie van jou hou
so onregmatig, skandelik baie
En sy sou speels haar vinger op my bitterlippe lê
en vreemd glimlag
Sy weet

En die lovefairy en ek sou slim planne beraam
oor jou
En as jy weer met jou mooi bruin oë tot in my siel probeer kyk
sou ons jou toor
vir my
En ons sou rituele hou
onder 'n shaman maan wat met sy gloeioog loer
olyfboompies plant vir jou
reg in die woestyn
En as jy met jou mooi hande oor die blaartjies streel soos soms oor my hare,
sou jou kop nie meer so vol dinge of consequence wees nie
en jy sou weet van die liefde
dat dit nie kort is soos die lewe en die dood nie

Ag, en sou ek en die lovefairy nie lag
oor 'n tyd wat jy wreed geweier het om jou hart vir my te gee
En ek koud en bang tussen jou woorde en liefkosings moes wag
sien hoe jy my religie van die liefde minag

Ek wens daar was 'n lovefairy, lief ...
maar dalk sou jy haar vlerkies brand.

Gypsiegirl

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner