Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Liewe Liefling

In hierdie amper ses jaar
was ons nog altyd na aan mekaar,
en ek wil vir jou net dankie sê
dat ek my hart in jou hart kan lê.
jy is altyd vir my daar,
al is ek ook hoe deurmekaar.
Jy is die rots in my lewe,
wat my altyd weer en weer vergewe,
wat my krag gee elke dag,
vir die take wat op my wag.
Ons liewe Vader het dit goed bedoel,
Hy weet wat ons vir mekaar voel.
Van die begin af tot nou,
Ons het hom om op te vertrou.

Ek wil net vir jou sê my skat,
ek gee nie om wie sê wat,
Jy is die een vir wie ek lewe,
en na wie se liefde ek strewe.
Ek het jou lief my liefling
en ook vir ons kleinding,
wat ons hele lewe vul,
dat ons van vreugde wil gil.
Dankie dat jy altyd daar is,
met jou liefde wat so waar is.
Ek waardeer jou,
met al my liefde,
jou vrou.

Hanneri Groenewald

Hierdie gedig dra ek op aan jou my lief.
2006

My grootste geluk

Het jy al gewonder,
wat jou die gelukkigste maak,
wat jou diep' diep raak
en jy altyd bewonder?

Gedink al aan jou man?
Hy het mos eens jou hart gesteel,
daarom het jul, jul liefde verseel.
Dis hy wat jou nooit verveel,
want hy is jou man, hy kan.

En die kindjie in jou lewe,
met die sagte handjies,
die soetste ogies'
die lieflikste mondjie.
Jy kan nie anders as om vir haar te lewe.

Dit is die dinge in my lewe,
wat my die gelukkigste maak,
wat my diep, diep raak.
Waarna ek strewe,
en vir wie ek lewe.

Hanneri Groenewald

Hierdie gedig dra ek op aan my man en my dogtertjie.
2006

Evaluasie van Hanneri Groenewald se gedigte

Wat dink jy van Hanneri Groenewald se gedigte?

Uiters swak
Swak
Kan beter
Goed
Baie goed
Uitstekend
Uitsonderlik
  Uitslag en Menings

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner