|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Seervlekkies
Kyk my koppie koffie, kyk my sigaret,
die mense loop verby my in die strate van Graaf-Reinet en op die goue horison 'n helder straal van dagbreek, terwyl 'n skerp sonvlek,skyn op oë van hartseer.
Kyk my linkermou, kyk my regterhand,
die trane skeur saggies uit seervlek se kant,
nes die koue reëndruppels wat val op droeë grond,
ja,dit voel vir my soos n oopgeskeurde wond.
Seervlekkies in my oë, seervlekkies in joune,
ons kyk mekaar so mis vanaand.
Sonvlekkies in my oë, sonvlekkies in joune,
Brand tog weg die letsels van gisteraand.
Kyk my warm hart, kyk my blinde siel,
dat liefde soveel smart kan bring en my hart verniel.
Kyk vir my, my sonvlek en bring vir my die liefde of bring 'n bottel wyn,
sodat al my sorge in die wind kan verdwyn.
- Heini Marais
Didi
Ek sit hier vanaand en kyk na die sterre en maan,
met die goue gedagte dat sy verseker bestaan
en ek sien vir Didi met die sagte klein lyfie,
met hare so mooi soos die vere van 'n duifie.
Ek hou haar hart diep binne my hart
en verstaan tog al haar pyn en smart,
want sy't vir my gesê sy is nie nou gereed nie
en ek het verloor want ek kon haar nie ooreed nie.
Maar wie weet wat die toekoms inhou,
miskien kan ons op 'n goeie vriendskap bou
want ek hou haar siel diep binne my siel
en hoop tog dat dit nie my lewe verniel.
Onthou Didi,jou sagte bruin oë skyn soos 'n lig,
helder soos die boodskap en rym van 'n gedig.
- Heini Marais
gedig
Daar buite iewers in n dorp of stad,
is daar iets wat wag op my pad.
Soos 'n blom wat bloei in die lente seisoen,
en wag vir my dat ek haar moet soen.
Daar buite iewers in die wind of reën,
swerf my siel in 'n liefdes kreun,
en wag vir haar om my gees te bind,
dat ek en sy ook liefde mag vind.
Daar buite iewers tussen ster en maan,
brand my hart want ek wil huis toe gaan,
na jou toe my lief waar jy ook is
in 'n visioen wat my sal laat rus.
Daar buite iewers buite alle spore,
slinger ek nugter maar ook verlore,
en bid dat die son my warm sal maak
waar ons stemme echo as ons lag en praat.
So is dit vir my as ek aan jou dink,
my hele lewe in 'n denk verblind.
maar slaap jy nou saggies vanaand my roos,
want ek gaan nou bid dat God my kan troos.
- Heini Marais
|