Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

ek mis jou

ek mis jou ... Louw
as ek ... Eva hoor ...
van Andre Swiegers, of
Soos Bloed ... van Theuns
en ek vou, inmekaar

as ek en jy stry oor
wie van Theuns of David
SkipSkop die beste sing
jy wat my soen tot ek
met jou saamstem,
teen my eie wil ...
ek mis jou ... Louw

as ek betaal vir inkope
dan slaan die onthou
my teen my bors
jy wat my terg
die geld by die huis gelos

ek mis jou ... sterk arm
om my skouer in die Kerk
die vol teater voel leeg
in die fliek sit ek toe oë
ek sien jou gesig oral in die skare

ek mis jou ... Louw
as ek voor die stoof staan
besig om kos te berei, en jy ...
met jou sterk lyf teen my rug
sagte soentjies teen my nek
en ek die kos laat verbrand

ek mis jou Louw ...
as ek musiek luister
waarvoor ons so lief was
waar ons ookal was ...
moes alles los en eers
met jou dans ... styf dans

as ek koorsig siek word, en jy
met liefdevolle versorging
my koorsige lyf af spons
medisyne gee asof
ek 'n kind is ...

ek mis jou so ... Louw ...
as dit reën, en donderbuie
en bliksemstrale
die donker nag verlig
en jy my bang rukkende
lyf styf teen jou hou ...

ek sal ... onthou ... jou laaste
woorde aan my op die aarde
'Sonskyn ... jy is gedaan
gaan huistoe toe
en gaan rus' ...
vergete was jou eie pyn!

ek sal jou mis ... Louw
my geliefde ...
tot in ewigheid van dae
ek wens ek kan net verstaan
wat die doel was
van jou skielike heengaan?

Henna Schoombee

net 'n droom

My donker, seer gedagtes
krap in my kop en hart rond
dit maak my deurmekaar
wat gaan van my word?

My lewe lê in blou
flenter stukkies voor my,
daar is gate in my môres
gister, vandag, en in nou,
lê net rou

Ek soek bang en benoud na jou
in die swart en donker nag
ek moet jou weer sien
voor die mistigheid ...
van môre

Ek wil vir jou sê ... dankie
vir die hemelse genot
om vir jou te kon ken
dankie ... vir jou grenslose liefde

Jy het my so sterk gemaak
in jou liefde het ek verdrink
jy het my aangeraak
en die sterre het gewink

wie, is dit wat ek nou sien?
ek kan dit nie verstaan!
O, Hemelse Vader is dit
my geliefde ... wat hier voor my staan?

Ek sien jou oë van hemel blou
ek voel jou asem op my wang
hoor ek jou stem ... so fluister sag?
dit wat ek so na verlang!

Met droewige geween van 'n vrou
word ek uit my slaap gewek!
O, donker nag, in pyn geweef ...
dit was alles ... net 'n droom!

Henna Schoombee

Rus gevind Pelgrim?

(Ek het n wonderlike tydjie in Pelgrimsrus gehad ... Ai mense die geskiedenis loop deur daai plek soos bloed deur jou are. Ek het in die Hoofstraat geloop en voor die Royal Hotel te staan gekom en in my verbeelding kon ek die musiek, lag en gesels en gefuif hoor van die myners, moeg en dors na 'n dag se harde werk in die bloedige Afrika son. Hier is my gedige, 'n verbeeldingsvlug, oor daai geskiedkundige plek in die dae van ouds, en ek het ook onthou van goud- en diamantstories soos vertel deur familielede, deur die jare.)

Hulle het gekom van heinde en ver Skotland, Engeland, Afrikaner en Ier
met waens, perde en harte vol drome
met panne het hulle goud gewas in die strome
in die stofstrate lê die sweet en bloed
van myners met n droom en baie moed
daar het menige goeie man tragies gesterf
hulle name lê op die grafstene gekerf
met die koms van die honderde waens
was die drome en ideale, in oë verglans

Goud, goud, blink mooi goud
lê in die panne, die panne van oud
skommel die panne, die swaar swart panne
in growwe, vereelte, sonverbrande hanne
skommel, skommel die water moet loop
sorg dat niks afloop in die water se sloot

hoeveel drome van mense, lê diep in die aarde se kors
vir almal was die gier na goud, 'n groot groot dors
in die aande, uitgeput, goud in die sak en vol stof
het die myners kom soek na drank, nagvrouens in rooi opgetof
musiek is gemaak, gedrink, gefuif en makietie gehou
in die oggend grou het n man dood gelê in die dou
sy drome, verpletter sy vrou en kinders verlore.
sy drome van goud was hom nie beskore.
die donker donker nag het weer gekom.
die myner, vuil honger swak gebrand deur die Son.
drank in die hand, goud in die sak
glinster in die oog vir die vrou van die nag
lied in die hart, verlore siel verward
die sug na rykdom en weelde
vir nog een tog net drogbeelde
erens in 'n sink huis aan die bo-dorp
wat gaan tog van my en die kinders word
sug bekommerde vrou en kinders, honger en wag
in elke sink huis, dra elkeen sy eie kruis
dra dit, dra dit, die harte is maar vergruis
perdepote, geweerskote ... goud het gepraat
en 'n man lê en doodbloei in die straat
sy gesin se toekoms vol gate
die wyn loop leeg in die Hotel se vate
O Pelgrim jou ideale, jou wense, jou drome
vir 'n goudryke toekoms lê glimmend in die strome
verpletter, verpletter , "fools gold" het ook sy tol geeis.
die helse Son heeldag op sy lyf, en more het hy niks om te wys
die pragnatuur se rus is verewig verstoor
deur gierigheid en wilde drome verloor
het jy rus nou gevind liewe Pelgrim
of is jou siel ... sonder goud, tog verlore
treurend om die sinkhuis, huil die wind
verlore, verlore alles verlore
erens in 'n tent word 'n kleintjie gebore
Sy Vader dronk en verlons
die Ma vra, hoe klee ek ons kind?
Goud, goud, wonderlike goud
ons pragland Suid-Afrika se behoud
maar erens lê myners
bebloed, dood en yskoud

goud goud, blink mooi goud
lê in die panne die panne van oud
skommel die panne, die swaar swart panne
in growwe, vereelte, sonverbrande hanne
skommel, skommel die water moet loop
niks mag afloop in die water se sloot

Pelgrim van ouds met jou soeke na goud
rus in vrede, rus in vrede ... God is nou jou behoud.

Henna Schoombee

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner