|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Letsels
'n Glimlag, 'n sagte kyk... het my so lank ontwyk,
jarelange seer en haat... en jare se verwyt.
Tye van geluk...was van korte duur,
beskuldigings en woede... en oë wat brand soos vuur
Wat was dan verkeerd... wat het skeef geloop?
Ek het so lank gebid... ek het so lank gehoop.
Ek het so lank jou hand gehou... geduldig en getrou
jy het dit net vertrap en nou, wil ek ook niks onthou.
Letsels was daar toe... en letsels was daar oor,
skielik ek alleen gestaan... maar het niks verloor
My lewe was weer stil... myself weer te leer ken,
myself weer op 'n pad te plaas, my siel weer teruggewen.
Vandag dink ek aan jou... dankbaar dag vir dag,
my lewe saam met jou verby... my regte liefde wag.
die een nou aan my sy...'n mens,'n hart, 'n vrou,
my gewys, liefde bestaan, met haar vir ewig trou.
Hennie Knoesen
Hoe lank.....
Hoe lank moet ek nog wag
vir jou.....
Ek glimlaggend afkyk
na 'n bondeltjie onskuldige liefde
en jou in my arms hou....
Jare-lange wag
en seer van weer probeer....
Ek kyk na ander en sug
wag maar nog 'n bietjie....
na jou....
my groot oog dogtertjie....
Hennie Knoesen
Was ek maar
Was ek maar.........
die son..... my strale sag op jou laat lag
en elke aand verby te wag
om jou te sien......dag vir dag.
Was ek maar........
die grond waarop jou voete rus
en elke dag standvastig staan
my oor jou elke dag ontferm
jou elke tree beskerm.
Was ek maar........
die wind...... jou drome saam met my te waai
na plekke onbeskryflik mooi
ons liefde net al sterker groei
geen sorg....geen seer....nes 'n kind.
Was ek maar.......
'n stêr......om elke aand op jou te blink
in donker nag jou lig te wees,
om elke aand na jou te loer,
ek by jou.....al is ek vêr......
Was ek maar.....
vanaand by jou, my arms net om jou gevou
jou hartjie sag teen myne klop
jou teen my styf vashou......
Hennie Knoesen
|