Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Vulstasie

(deur JV)

"Maak vol asseblief" dryf uit by my ruit
saam met die laaste teug aan my sigaret.
In die wolk knik 'n figuur en verdwyn
om die tenk se dors te les.

Van "E" na kwart verskuif die naald
en ek sien die pakkie is leeg.
Ek vrommel dit op en gooi dit weg
soos die naald aan die halfmerk kleef.
By driekwart verby en ek voel in my sak
vir plastiek om die naald by "F" af te sluit.

Nog 'n week het ek weer in sirkels gery:
'n Wentelbaan vir blindes wat vraatsig
die maande en jare verorber en gretig
die kwitansies in lyne om my oë skryf.

Ek vertrek sonder groet
en merk die figuur wat wink in my spieël.
Hy was altyd daar maar op dié dag het hy
die rook uit die tonnel gewaai.

Versigtig oor padkaart het hy my gelei
na die hoogste krans met 'n kol op my maag
om my te laat sweef net waar ek wou gaan ...

Ignatius van Heerden

Begrip

(deur JV)

Gemaklik soos 'n lui kat op jou skoot.
So het die son in jou oë opgekrul
terwyl Nag haar aankoms fluister.

Agter die koel blou - vlam kaggels op
om verborge beloftes te belig.
Ek sien 'n ster verskiet en - voor ek 'n wens
kan maak, struikel ek oor jou sekelmaan:
Mondhoeke buig beleefd en hang lood aan my voete.

Jou fisier verken die lyne van my siel
en my pantser smelt soos was van my af.

Skielik slaan twyfel toe met gemene houe.
Dit kerf en sny - tot ek die wit vlag hys.

Jy keer as ek my rug wil draai.
Wikkel my toe in jou mantel.
Druk my oor teen jou bors.
'n Simfonie rys uit die ritme van jou lyf.
Die mooiste musiek wat ek nog gehoor het.

Ignatius van Heerden

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner