Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

bio-logiese tyd

in die logiese
intellektuele greep
van die moderne besluit
skuil iewers
irrasioneel primitief
die biologie-van-tyd

stiptelik
met elke maan
word my aftelrym
onkeerbaar herhalend
beskryf
in 'n bloedige
voetspoor
van verwyt

- Isabel Kotze


ongetiteld 3

woord
het jy my vergeet?

asof
in my omgang
met jou
my onheilige
voetsoolvlaktes
oortree het
ontwyk jy my nou
in my na-nagtelik worsteling

om jou gedagtenis te verstaan
my onvoltooidheid te beskou
jou guns te mag wen

en vir 'n oomblik
geheilig
deur jou genade
te mag waad

- Isabel Kotze


wintervoos e-mail

more
ek is al klaar wintervoos
vyf april
die winter is miskien vroeg
maar ek
voel ouer as voorheen
moeg en selfs
in die donkerste hoeke
van my hart.sinies

dis winter
en elke jaar word dit swaarder
om sonder somer te oorleef
ek is maar 'n somerskind
al is ek netjies
in die middel van die winter gebore :)
mis jou oë se gesels
jou warm knieg

dink aan jou
ek werk maar voort
sonder hoop
sonder einde

- Isabel Kotze


ongetiteld II

sal jy bly
al is ek oud voor my tyd
sal jy wag
as ek langs die pad staan en droom

is jou hart
groot genoeg
vir my plooie, my selluliet en verdriet

en as
my weghol vrese my oorrompel
sal jy bly

- Isabel Kotze


ongetiteld

dis asof in jo'burg
my siel woordeloos
leef
droomloos slaap
stil lê en wag
op staan, loop, koop: behoort

dis asof in jo'burg
die winter langer is
onbewus van tyd
'n skuifelvoet verwyt

en tog
as die son
sy somerkleure wys
greef ek my oë
na my onbekende horizon
en wonder
of ek woorde het
vir die plek

- Isabel Kotze



Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner