Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Tessa

ek vat vanaand die alfabet
en pak die letters een vir een
my hart die pen my hand die siel
ek dig vir jou, van ons wat rou

liefde, omgee, glimlag, gee
leŽ woorde wat ek moet sÍ
niks sal jou ooit kan omskryf
jy wat was, die tessa prag

skild vir my vandag die see
wys my waar die meeue skree
vat my weg waar jy nou is
gebroke rym, gebroke hart
sonder jou is daar net smart

letters pak ek een vir een
verewig mag die wereld ween
mooiste vrou, sagte mens
tessa-prag, my enig wens

Janes Meyer

Oggendstrand

dis koud vanoggend op die strand
sit ek kaalvoet in die sand
die Son loop strale op die see
blind verskuil met elke tree

Hy dwing Homself na buite
deur mure en deur ruite
om Sy warmte te skyn
koue harte; pyn

steek Sy strale diep in die groente tuin
bewerk elke plantjie fyn
speel vir my die klawers goud!
'n melodie van jare oud

Laat elke tonnelbrander spoel
Slegs met die Son se een doel

Janes Meyer

28 Maart 2008

Oggend

die son-palet lÍ op die see
reg o'Vandag sy kleur te gee
stadig verf hy huise klein
vissermanne het ook verskyn
branders skuim die olieverf
berge word met blou bederf
saggies bak hy rotse hard
roller verf die nag se swart

Janes Meyer

27 Maart 2008

Herfs

Herfs het langs my wang kom lÍ
Toe geknus in my oor kom sÍ:
(Omgevou in arms sag,
Soos geliefdes stil gelag)
Sluimer sag, sluimer slaap
Die winter kom jou gou opraap

Janes Meyer

13 April 2008

Carmen

Wanneer die aand oor jou neersak
En jou dag vakansie hou
Jou voete gebars en vol blase is
Die duiwel alle mooi verwis het

As jou plooie die trane op jou gesig word
En die doring dwars deur jou voet breek
Wanneer die 'hoekoms' in die boom vir jou lag
Die twyfel jou oor sy skoot trek

Dis dan wanneer ek
.jou voete in my palm wil neersit
sodat jy kan trap, en die sagheid voel
.jou hart se stukkies help optel
en aanmekaar plak
.elke traan wil opvang om vir jou
'n rooi roosbedding te kweek
.die kers wil wees in die donker gang
om lig te maak terwyl jy.soek

na die siel wat iewers roep
Carmen, Carmen ek mis jou
As jy val gaan ek jou dra op my rug
Sodat jy kan slaap en rus,
Op bree skouers van my

As die lewe jou klap
Sal my lewe die prys wees:
vir die hou op jou linker wang
jy moet leef, jy moet genees
jy wat ek nooit wil verloor,
Carmen, Carmen, ek en jy

Janes Meyer

Duisend see(r)-myl

een treŽ voorts, twee treŽ terug
eens ek weer oor see(r) se brug
hang ek af, word ek naar
gedag van jou, hang nog swaar

my hart het aan jou vuis geklop
verspottend aan jou oopgeruk:
dat jy moet sien en dalk verstik
aan als wat nog hier binne krop

jy wat leef so ongedaant
wil vaswerk nou, wat lank reeds skeur,
verwyder jou van my, so seer!
jy wat leef so ongedaant
duisend myl, las ons vanaand

Janes Meyer

23 November 2007 ('n Maand later)

Snikkend verslint

snikkend na 'n vreugdevors
verwerping eet die vreugde dors
help tog asseblief die seer
om vir eens 'n ander hart te sweer
dissels groei uit elke punt

- HAAT het al my lief verslint

Janes Meyer

Net 'n harlekyn

Bring vir die harlekyn nog wyn, rooiwyn vir sy lag en traan en pyn ...
Iewers tussen vandag en nerens was daar lag. My kind wat sy wind uit lag elke keer as ek hom kielie op die groot dubbelbed. En die eindelose stoeigevegte, sodat ek en hy alby platval op ons rue van mae wat op 'n knop trek. Dan is daar my dogtertjie wat tot vervelens toe op die swaai wil baljaar. Ek moet net die heeltyd haar 'maak'. Die lag van die lewe! Wie kan dit ooit beskryf? Wat kan meer geluk bring as jou twee kinders wat lag van vreugde, vreugde wat jy verskaf?
Van lekker lag kom lekker huil. Hoeveel keer moes ek nie spoeg smeer op elke vel-af knie. Trane afdroog oor vuil gesiggies. 'n Pleister plak op elke armskraap. Ek was altyd daar om vertroosting te bied aan die snikkende lyfie as die wolkwit roomys op die teerpad beland, Sondae middae.
Wat 'n ongeloolike gevoel om daardie gesiggies te sien ophelder as hulle die eerste fiets of pophuis met 'n rooi strik sien op hul verjaardae. Die onskuldige oopmond soen wat jou begroet, omring met twee toffie-appelhandjies om jou nek. As Pappa daar was was alles lekker, as Pappa daar was was alles oraait, want Pappa is die sterk, Pappa is die sterkste. Die vreugde van pa-wees!
Maar eendag nie te lank van nou word elke toffie-appelhandjie groot. Stoeigevegte op die bed word verruil vir rusies oor inkomtye. Pophuise en fietse moet verruil word vir kÍrels en karre. En iewers tussen eendag en nerens, bly die
Pa
agter. Die pa wat nog wil boomhuisbou, en fietsbande regmaak. Die pa besef: Hy was die Harlekyn van sy kinders se lewe. 'n Beeld, 'n voorbeeld. En saam die lag en traan wag 'n groeipyn.
Maar wat 'n Pa nie altyd besef nie is: 'n Harlekyn is daar om die lewe stroopsoet te maak, meer belangrik, 'n harlekyn is daar om lewenslesse te vertel wat verewig in die hart van die kind gedra en onthou moet word.
Eks lief vir jou Pa.

Janes Meyer

Seer Seerder Liefde

Vir Jou

Lief , liewer, liefste. Lief, liewer nie, nooit. Seer, seerder, seerste. Seer, seerder, liefde. Was liefde ooit seer? Was ek ooit so bang? Was die gedagte aan jou ooit so verbode? Het ek jou ooit so gehaat? Het jy my ooit liefgehad?

Ek wil myself uit jou hart ruk sodat net 'n oop wond agterbly wat 'n letsel (moet) maak wat jy verewig dra. Ek wil jou in die oŽ kyk en brand met my siel. Maar my siel sal jou nie brand nie want dis net as. Yskoue as. Jy't 'n emmer water oor my uitgegooi. Ek't alleen, verlore, gevries gestaan en toekyk hoe jy so lank se saamwees in die water gooi. Naalde van verwerping het oor my hele lyf gesteek. Jy't my verniel. 'n Mes in my rug.

Jy't my onverwags betrap. Soos 'n duisend dorings dwarsdeur my voete gesteek. Met 'n skurwe hand het jy my geklap. Ek wil niks van myself weer aan iemand gee nie. Ek's verniel. Jy't my verniel, my beskadig, my afgeskryf. Ek wil niks doen nie.ek wil huil.

Janes Meyer

Stomstil

die maan het vanaand die kriek ingesluk
roetgesig, hys homself teen 'n swartplafon
sit, dophou, wag, kyk en frons
stil getuie van 'n onvermyd'like daad

Janes Meyer

Snikkend verslint

snikkend na 'n vreugdevors
verwerping eet die vreugde dors
help tog asseblief die seer
om vir eens 'n ander hart te sweer
dissels groei uit elke punt

- HAAT het al my lief verslint

Janes Meyer

Hegkaart

my hart- 'n legkaart net vir jou
opgewonde aan jou toevertrou
my hart - 'n legkaart wat jy bou
versigtig wees - die siel leef nou

elke stukkie op sy plek
emosies, seŽn, een vir een
kante vorm - my hart vir jou
pas die hoeke, steen vir steen

maar dan as't klaar
'n stukkie weg,
spaar my seer, soveel pyn
klim in die gat - en dit verdwyn

Janes Meyer

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner