|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Scooterrit - ek hou op wag
Wag, wonder en verwagting is mos meestal
teleurstelling se anderkant
en verassing dan die kant waar geen verwagting sit
trou betroubaar vertroue vertroueling
selfvertroue selfs
dit voel of daar klaar besluit is
en dit wag is vir die verwagting Hoe nodig het ons die plan van gene
en diegene se hou aan elke beplande belofte
maar ook glo in wat die knak weer uit kan buig Of is daar dan anders besluit?
Durf ek hou aan hierdie beplan? Dis tog skielik snak as elke nuwe draai
weer anders weer oor weer nuut weer nie weer
wel verras en opgewonde asem skielik ophou
verwag wag wonder
- Gerrit Jordaan
Dongxie Sou ek jou van hier ver saggies se?
sou ons dalk proe en so dan leer -
die wereld is ´n nabybaiever plek
en eers oor hierdie afstand waag ek
eerlik vir jou vra Ek probeer hier duifspore lees,
glaskrale om gladde arms verstaan,
ek maak my vingers vas
aan die senupunte
van ´n sikloopboodskappervriend
en ek probeer hierdie brose net span
tussen die yin en die yang dongxie: ooswes - dis hier ding
duoshao: baiebietjie - hoeveel?
vroukind: is blykbaar goed
varkonderdak: huistuis Ek wil weet wat staan daartussen die
ja en die nee van die elke dag se sommer janee
- Gerrit Jordaan
|