|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Aborsie - die keuse
opgedra aan vriendin -
Ek wil dit nie sê nie
Ek wil nie onthou
van 'n kindjie verlore
weens my ontrou
Ek kan nie vergeet nie
Waarvan niemand weet nie
Ek wil nie onthou
'n lyfie se kou
Ek kan nooit laat gaan nie
Wat ek nooit kon hou
Die intense gevoelens
van onthou en rou
Ek kan nie verstaan
Die pad wat ek moes gaan
Hoekom ek jou nie gehou het
aan jou vasgeklou het
My kindjie verlore
nie lewe beskore
Ek sal jou nooit kan vergeet
Jy is my Lief en my Leed
maar in my selfbeskerming
was ek so wreed
Jare sal kom en jare sal gaan
Jou geboortedatum
Sal vir ewig bestaan
Maar dit was jou nie beskore
Ek het verkeerde keuse gemaak
En jy sou nooit die vreugde
Van kindwees smaak
Jy het gegroei
Diep binne my
Ek kon die liefde
In my voel gedy
Maar weens my menswees
My skande en ontrou
Moes ek jou laat gaan
En vir ewig bly rou
Aborsie die keuse
As ek weer kon kies
sou my leuse
wees -
Bepaal jou verlies
'n kindjie sou vir seker
die plekkie in my hart volstaan
nou bly net oor
hartseer
verwyt en 'n traan
Is dit dan net ek
Wat hierdie seer voel
Was jy dan nie vrug
Uit liefdes saamwees bedoel
Hoe is dit moontlik
Dat iemand so kan vergeet
Voel hy dan geen
Smart, verlies of leed
Ek is jammer my kind
Ek is jammer my God
Want om dood te maak
Is oortreding van U gebod
Dankie vir vergifnis
Wat u my gee
Hierdie keuse
Onthou ek in elke lewenstree
Daarom bepaal tog
Jou verlies
Voor jy as keuse
Aborsie
Kies
Karen Carstens
Frangipani
Sien jy my, met Frangipani
Geur en kleur verfraai my nou
Sal jy ooit in die toekoms
my as jou Frangipani liefde onthou
Donker hare, donker oë
Soel vel deur songebruin
Granaatrooi lippe
Mond wat lag
Frangipani nooi se mag
Sagte Geel die Frangipani
Lieflik is die blaar se prag
Vergeet my nie
met seisoenwisseling
dink soms aan ons Frangipani nag
Sterke boom - die Frangipani
Winde waai en druppels val
Sal die blare nooit verwelk nie
Sal herinneringe nooit verval
Vergeet my nie - sing Frangipani
Sien my en onthou my geur
Liefdesspel nou lank gelede
Vergeet my nie - dit het gebeur
Karen Carstens
Huise van glas
Jy loop verby
my onsigbare huis van glas
Jy kyk na my
en ek voel leweloos
soos was
jy ruk aan my traliemure
gebou met selfverydeling
jy wonder hoekom my lewe
van weemoed sing
Jy poets die venster
van my huisie van glas
Asof jy self nog nooit binne in
'n glashuisie was
Jou woorde word diamant
Wat deur glas kan sny
tot diep binne in
daar waar ek net in my
Glashuisbeskerming
wou bly
Jou aantygings raak wasem
Aangevuur deur jou Skelasem
Jy verblind my glasvensters
met lig
jy beskou dit as jou
menslike plig
Gooi dan jou klippe
ou rotse en stene
Verlekker jou in my
seer, my trane en kreune
Laat my glasmure val
Kom breek deur my
keerwal
Hierdie onsigbare glashuis
het ek lank aan gebou
Dis 'n plek van wegkruip
ok 'n plek van berou
Dis 'n plek van sien
en 'n plek van verstaan
Ons is almal splinters
van 'n glashuis lewensbaan
Gooi jou klippe
En versplinter my lewe
Breek my glasvensters
Dit is tog jou strewe
Onthou net eendag
Mag jy self wil skuil
In 'n Glashuis met vensters
Toegewasem en vuil
Glashuismense verstaan
Want dit is hul lewe
Klippe en rotse
Soms gegewe
maar hul poets hulle vensters
en hul wag op die lig
want klippe en rotse
hou hul nooit terug.
Karen Carstens
|