Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Hande

Hande wat voel hande wat bou
Hande wat my lieflik vashou.
Hande wat breek hande wat klou.
Hande wat nooit weer sal ontvou.
So hier is dit nou, ek saam m' jou
Driehoek in die sirkel

deur Tamsyn Kent (vanuit Amerika)
© T Kent

Jasmyn
Groen deursigtige gaas om jou in die water.
Jy blom skarlaken rooi, vir die see alleen is jy lief.
Jou ster het geval en die nag is nie meer joune nie.
Vir die dag staan jy nou op jou berg en sing vir wie wil hoor,
maar hulle is doof vir jou lied, hul sien slegs nag,
koue wind en
´n seemans ween.

Huil maar, huil soos jou hart begeer, soos jy nog
altyd wou.
Kluister dit nie op, laat gaan en sing weereens jóú
lewenslied
My skoon jasmyn, geur van die groen, stik jou haat.
Fluister vir die reën, en roep na die land van
kabouters en liefde.
Lag saam met die satyn gesiggies, dans jóú dans vir
my.
´n Gebroke hart.

deur Tamsyn Kent (vanuit Amerika)
© T Kent

Feëverhaal
Ver anderkant die feë groen berge
lê ek in ´n bondeltjie en huil,
want ek's alleen in verlange na jou...
jy met jou skerp berghange
wye vlaktes en sprokies woude
jy met jou geweld en moord
jy met jou soet Afrika geur
jy wat my hart vasklem, soos,
´n vetplant in ´n krans kraak
Ver van jou sug ek nou
Knak ek ´n wensbeentjie en glimlag
(want ek's alleen in verlange na jou...)
vir die kinderlikheid wat was en nog is
Wat my nie gaan verlaat nie
Vir die mooi en die verlede
vir die hoërskoolpret en ween
vir die jy wat geboorte geskenk het aan my
´n gebed in die reën en ´n wiegeliedjie
ver anderkant die feë groen land
Lê ek in ´n bondeltjie en huil
Slaapiekannienie
beesindievlei

deur Tamsyn Kent (vanuit Amerika)
© T Kent

Jy wat nie sal nie
Lutterig staan ek voor jou
as ´n skigodin met afgekapte
hande. Sonder trane in ´n spelonk
misgeagte minnegloed in jou hart
en wange
Seloot in jou sielspieëls.
Ek met uitgestrekte arms
om jou te keer.
Jy die sheik,
ek die wonder moederskoot,
wat jou nié sal ontvang nie!

deur Tamsyn Kent (vanuit Amerika)
© T Kent


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner