Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling. Digters Anoniem ...
Uurglas
Het jy in jou lewe jou tyd sinvol benut?
Voel jy jy het die meeste uit tyd geput?
of het jy jou tyd verspeel …
vermors?
Het jy al gedink hoeveel het dit jou gekos?
Hoeveel het jy gevat wat jy eintlik moes los?
Wat is die verlies, veral as jy besef jy kon anders kies?
Kobus Kok
Eenvoud
Kinkel in die kabel
Verwarring in Babel
Almal stry in die vinnnige baan
Is daar hoop of is alles dan waan?
Kyk, daar lê ons voetspore alreeds op die maan
Gee my rus, maak my van U bewus
Ek smag na eenvoud,
aardsheid,
mensheid,
vryheid,
lewe.
Kobus Kok
Jy - die somer van my winter
Jy is die druppels reën wat sag-kuns streel
Tik tak, tik tak onder my swart sambreel
Jy is die bode aan my hart se deur
Die liefdesbrief met 'n gemmer geur
Jy is die wind wat deur die blare suis
Wat die bloeisels blaas en my laat verhuis
Na 'n bekende plek vol strelende vrede
Toegevou in 'n bloedrooi wolkombers
Vol van folterende rooi liefde.
Al is ek nou in ambivalente kontinente
Bly jy die hoop van my lente,
die somer van my winter