|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Die boksie
Diep, bitter diep binne my hart,
Is daar 'n boksie, en dit is pik swart.
Die redes vir ons bestaan,
Die rede vir pyn by kraam,
die rede vir haat en wraak,
die rede wat ons almal laat staak.
Dit is in die boksie
die pikswart boksie.
Op ou briefhoofde, die pyn van mislukking,
op ou opgevrommelde papiere, die redes vir my ontwrigting,
erens in die boksie, die stukkies van my hart,
die kant een deel, die ander kan slegs 'n kwart.
Dit is die inhoud van die boksie
die pikswart boksie.
Droeë riviere voel trane en verlange
Ou bottels vol vergete kapteins met range.
Die tyding arriveer in die vorm vrees.
Die tyding kom in taal wat niemand kan lees.
Die pikswart boksie is amper leeg.
Die pikswart boksie se inhoud word geweeg.
Die wagte staan gereed,
met die lus in hul oe, die smaak van wreed.
Ek wens dit kon als terug draai.
Ek wens die skuld was nooit in heilige grond gesaai.
Die pikswart boksie is nou vol son.
Die pikswart boksie bevat nou 'n blom.
Die ou nare gevoel is weg.
Als wat lelik was en sleg.
Die boksie is nou geverf.
Die boksie is deur 'n engel gewerf.
Diep bitter diep binne in my hart,
is ek kompleet, ek is heel gemaak, geen meer smart.
Die boksie is se swart is afgelak.
Die boksie is nie meer so vlak.
Die boksie is nou helder,
sonder 'n smart kelder.
Ek's geraak deur 'n engel.
En my woorde kan haar nie beskryf.
My hart is wat my vingers dryf.
Die boksie se nou rooi.
Dis geverf deur 'n diamant en lyk nou mooi,
Die boksie is nou gevul met 'n diamant,
en ek wens, ons het al liefde aan ons kant.
Ek bid elke aand vir 'n band.
Al sit ek in die weste van die land,
Ek sweer my plig aan haar.
En ek is altyd vir haar daar.
Die boksie het egter 'n struikelblok.
Iets wat die bokse sluit met 'n slot.
Die gevoel van die diamant,
en is sy in my hart se kant?
KoenA
02/05/2007
|