Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Heimwee

Toe hulle jou ongetemde grond betree
bevrees en vertwyfeld,
het jy hulle aangeneem, ´n tuiste verskaf
Hulle wat geglo het, het jou volk geword.

En soos hulle hardkoppig na vryheid trek
Oor hou ongenaakbare aarde,
galm die geweeklaag van moeders deur jou heuwels-
by kindergraffies het trane jou dorre bodem bevog

jy het gemoor - en lewe gegee,
jou aangesig barbaars -
jou skoonheid onaangeraak

In elke vallei ´n klaaglied, op elke koppie ´n lofsang:
van die volk wat die prys moes betaal
Jóú volk, wat Glo.
En deur riviere en klowe, dood en verliese,
het jy vlees gebreek en gees geknak
         en die Fondament is gelé.

Nou,
hier in die vreende, soek my siel tevergeefs
in elke stukkie kosbare son na jou warmte;
in ´n groet na hartlikheid; in harte na sagtheid.

Dag vir dag ´n stryd om mens te bly
Ja, "mens" met foute! in hierdie perfekte land
met sy gees sonder genade
en sy God van toorn.

In my hart lui jou roepstem,
jou golwende geel grasvelde wink en my siel hunker
om - soos hugenote van ouds - oor die waters
terug te gaan na ´n plek genade, in Vadershand

daar waar hulle wat jou vrugbare grond bewerk
swaarkry ken, waar - saam met sonbesies in die middag -
gebede dreun, erkenning van Afhanklikheid;
daar waar vrede is, by Waters van Rus.

Maar ek is bly! Bly,
want daar is wilgerbome en donderstorms,
droéwors en olifant,
daar is harte vol
son
   hoop
      geloof
         en liefde

Wag, my dierbare, beproef land!
My hart is by jou,
Hoe seer, seer is die verlange
en gedagte aan wedersiens soet
         soet..

- Lana Fourie


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner