|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
ongetiteld 2
Ek wens ek was 'n towerfee
wat almal se hartseer kon wegvee....
met 'n swaai van my hand
elkeen se sware las verbrand
Ek wens ek was 'n towerfee
wat emmersvol geluk kon gaan haal by die see
en lewensvreugde kon uitdeel
en kalmte en vrede te veel!
Ek wens ek was 'n towerfee
wat met een oogknip mense God se Liefde kon gee......
en hulle kon laat deel in Sy lewensgenot
en hulle 'n aanblik gee in hulle lewenslot!
- Hermie le Roux
21 Augustus 2000
ongetiteld
'n kuier saam met 'n ou ou vriend
maak die verledevenster oop
en laat mens met hoepelbene loop
op wankelrige en sprankelende tye so onverdiend
dit laat jou met heimwee terugdink en terugverlang
na tye in jou lewe gevul met sang
en ander gevul met onstuimige groeitye
waar jy oorgelwer was aan ander se medelye
dit laat 'n mens met 'n gevoel van verwondering
oor hoe ervaring die kyk van jou oog laat uitkring
maar ook hoe saamstap en saamleef
'n ander dimensie aan jou lyf laat kleef
'n kuier saam met 'n ou ou vriend
maak die toekoms onverdiend
- Hermie le Roux
16 Augustus 2000
Kommunikasie
Wààr is jy mensekind!?
ingekerker in jou eie gedagtes...
Kommunikasie....onmagtig
O, dis 'n maalkolk
dit maak geen sin....
wanneer sal ek oorwin?
Praat, praat....praat tog gou
voordat die gedagtes weer hulself wegvou:
Klaar te laat
spraak het my weereens verlaat.
Hierdie is losse woorde....
weereens op soek na lewensakkoorde!
Woorde, ek soek woorde
Gedagtes....woorde....kommunikasie
Gesprek....geordende denke....spraak....kommunikasie
Oë....hande....uitdrukkings...kommunikasie
Oplossing: GEBED.....kommunikasie!
- Hermie le Roux
1994
|