|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Skrikbewind
As
tyd sy voete vind
oë nie meer die son sien sink
koue kloue - gryp -
omhul
ek is ook bang
As
Gekneus - pap riet
Arms; bene
( omvou ) -
Hol oë staar
ek is ook bang
As
Woorde knersend
Steek
en
Knak
Aorta oopgevlek
jou woorde fluister:
ek is ook bang
Louise Steenkamp
September
Vir jou wil ek -
twaalf apostels;
klippies in my hand
- die water
    gooi -
om saam:
die rimpels /
komelinge
tel.
Vir jou wil ek -
tafefelberg;
oë langs dwaal oor
- leeukop
  devils peak -
dan hansie-grietjie:
ons krummels /
paadjies
plot.
Vir jou wil ek -
godswindow;
- somer vensters
  oopmaak -
alto sopraan :
die son/
    lig
drink.
Louise Steenkamp
H--A-N-G-M-A-N
Om te se jy is lief vir
iemand
is soos om die galgtou
oor die nek te trek
terwyl
duisend toeskouers
aanjou
hulle kyk
-vir jou- sit en lag.
Dan_stilte.
Die trapslag.
Een drom bewe in die kerkhof.
'n sekonde
V
A
L
en handeklap.
Terwyl jy (geliefde)
wind bly trap:
die lug en woorde
stol in jou keel,
geseel veraltyd
na die tyd is dit
net die rubbernekke
wat toekyk hoe die
lyk
soos 'n vrot vrug aan
sy stingel hang
alleen-alleen
wiegend in die
wind
Louise Steenkamp
|