Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Dromer

(Opgedra aan Johan Visser- My Arend)

Jy laat my drome droom
Drome . so lank onderdruk
Drome wat nooit "weggeraak" het nie.
Drome wat steeds waar kan word.
Drome . die een word van twee siele
Die raakpunt aanraak . sagte hande vasgryp En soos 'n kosbare skat vertroetel.

Jy maak die dromer in my weer wakker
Van wegraak in 'n wereld
Geen vrae . geen antwoorde,
Geen hoekoms . geen waaroms
Net na wereld van "wees"

Deel wees van die lewe se lied
Soms met 'n tikkie weemoed,
Maar met die vandag . helder en vol
Geen skadu's van gister . eergister ...

Geen verwagting van die mores nie,
Net die vandag in jou hand ... die "nou" ...
Met die tone van 'n rietjiesfluit
ook my eie tone daaruit optower

- Lucy Wolmarans
2006-06-07

My Arend van Liefde

(Opgedra aan Johan Visser- My Arend)

My Arend van Liefde
My gedagtes draai om jou
Hier in die kamers van my hart
Wil ek my arms so graag om jou vou

Al jou mooiste drome... liefde
Wil ek met jou deel.koester
Op vleuels van die wind
Wil ek saam met jou sweef
My Arend van Liefde

Saam sal ons sweef .sweef
Op die winde van ons liefde
En as ons val en seerkry
Sal God ons beskerm en ophelp
Ons omvou met Sy liefde

- Lucy Wolmarans
2006-06-03

My Arend

JY het my siel aangeraak
Diep, diep binne het my liefde ontwaak
Drome van gister, vandag...more
Soos visioene uit gister gebore
Het jy my hart verower

Kan dit wees dat jy daar ver
My arend kan wees ?
My op jou vlerke sal neem
Saam oor die vlaktes van niemandsland?
Saam sweef..sweef ..sweef
Op die winde van die liefde?

- Lucy Wolmarans
3 Junie 2006


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner