Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Jou lyf

is jou lyf sonbruin of geelbruin
soos die korrels sand teen die duin
jou lyf altyd warm onder my hand
met liefde wat in jou groen oë vir my brand

oggend stoppels wat teen my wang krap
lag ek banaal oor die simpel van jou grap
ruik ek die soet van ons liefde op jou stem
weet ek vir altyd het jy die wild in my getem

arms om my lyf, teen jou vasgedruk
beskerm jy my teen die lewe se juk
uiteindelik in die arms waar ek hoort
waar ons saam kan wees, my veilige oord

- Namibsroos

...

my drome is flenters
stukkend is my vensters
kyk maar deur tot my siel
en sien die is ook al verniel

my liefde is opgeroes
my wese is verwoes
kyk maar weg vir die balke
wat steek deur my gestalte

my hart is vol gate
swart en verlate
maar die klop hou nog aan
oor jy nog bestaan

- Namibsroos

valse voorwensels

Met blinkende oog
Kan niemand stry
Dat die reënboog
Na rykdom lei

Dis die einde van die reënboog
En wie kan dan stry
Die nag het net een oog
Wat na die dood toe lei

- Namibsroos

09/07/2007

VIGS

Verworwe gevoelens
afgetakelede Immuniteit
Gebrekkige hoop
Sindroom van verwyt ...

- Namibsroos

09/07/2007

loskom

begeertes op die agter stoep
van ver langs die doderyk roep

begeertes loskom kans is skraal
net soos die einde aan die tranedal

verlore wense met die wind
loskomkans nietemin

na die dood so koud en vaal
begeertes moes sy prys betaal

stuur die boodskap met die son
begeertes het toe los gekom

- Namibsroos

07/06/2007

Bittersoete Pyne

ek stap ja stap hierdie stofpad deur
en daar's iets wat my elke keer verteer
iets so erg soos bittersoet seer
maar ek stap steeds die paadjie teer

en my hart ja hart raak al veels te swaar
om hom oral saam met my rond te dra
en my oe is ook al moeg getraan
van al die pyn wat hulle moet verdra

en my mond ja mond is al leeg gepraat
  en my keel is ook al droog gevra
  van al die dinge wat my pla
  en oor alles wat in my pad staan

my siel ja siel is al moeg geklou
aan alles wat my van geluk weerhou
my geloof het ek al lankal wantrou
om vlees en bloed by mekaar te hou

my hulp ja hulp is al lankal vergeet
en al die raad het ek hoeka geweet
van al die klaagliedere in eer
en my grote God wat ek moet vereer

die lig in my het lankal verflou
dit het lankal met skyn opgehou
en die stene waarmee ek moet bou
het lankal verbrokkel en verbrou

nou my gees ja gees sal ophou glo
aan die vrede van die Vader daar Bo
die dag as die stof van my oë
verenig met die van die Klein Karoo

ek weet ja weet redding sal kom
as ek net my beloftes nakom
dan sal die vrede vanselwers blom
en dan is die pyn vir ewig stom

ek moet my geloof net keer om te wankal
en dan sou ek gered gewees het al lankal.

- Namibsroos

02/06/2007

as dit reën

as wolke traan
sal ek gaan staan
en stil omdraai
en jou my sien verraai

my hart sal dan weer bloei
alle wonde sal ooptrek
die bloed sal strome vloei
en die verlede sal weer uitlek

as wolke ophou traan
sal ek voortgaan
ek sal t'rug draai
en vergeet jy't my verraai

my hart sal ophou bloei
die wonde sal toegaan
die bloed sal ophou vloei
en ek sal kan voort bestaan

want ek mag
maar ek moet wag
tot dit reën
en ek's alleen ...

- Namibsroos

29/05/2007

die nag

die nag is my liefde
die nag is my hart
die nag is my gewete
-     leeg en pikswart

die nag is my hemel
die nag is my hel
die nag is my aarde
-     en ek wens hom vaarwel

- Namibsroos

02/05/2007

As dit reën

as wolke traan
sal ek gaan staan
en stil omdraai
en jou my sien verraai

my hart sal dan weer bloei
alle wonde sal ooptrek
die bloed sal strome vloei
en die verlede sal weer uitlek

as wolke ophou traan
sal ek voortgaan
ek sal t'rug draai
en vergeet jy't my verraai

my hart sal ophou bloei
die wonde sal toegaan
die bloed sal ophou vloei
en ek sal kan voort bestaan

want ek mag
maar ek moet wag
tot dit reën
en ek's alleen ...

- Namibsroos

15/02/2007

Hartsake

(Vir Riehan de Beer ...)

"as jy agterkom ek is nie meer daar
gaan jy verwyt vierkantig in die oe staar

jy gaan die selfde dag nog alles berou
omdat jy van toeka t'rug met my maak wat jy wou

jy sal jou verleidelike dade nog verwens
dat jy dit toegespits het op die verkeerde mens

ek hoor jou verskoning: ek kan dit nie keer
liefde het my beet, dit is genuine die keer

maar ek het genoeg gehad en dit breek my wese
om te weet ek bly maar altyd jou tweede keuse

dit het gevoel of 'n stuk van my siel
bietjies vir bietjies besig was om te verniel

hy is my vriend en jy is sy nooi
en jy was besig om ons menswaardigheid te destroy

maar solank as wat hy nie van ons weet
sal ek probeer om jou te vergeet"

- Namibsroos

15/02/2007

die nag

die nag is my liefde
die nag is my hart
die nag is my gewete
-      leeg en pikswart

die nag is my hemel
die nag is my hel
die nag is my aarde
-      en ek wens hom vaarwel

- Namibsroos

geheelontdoder

in die aand lê dit hier
elk in die hand: 'n blikkie bier

die tyd op aarde was een fees
want dwase was hul van geboorte gewees

bloedjonk moes hulle toe die graf in
toe hulle een aand weer te veel drink

die twee mense is verloor
toe die Dood hulle opspoor

van altyd speel hulle op AVBOB se stoep
nou hul klaagliedere slegs pynige roep

verewig nugter lê hul nou
met die donker wat om hulle vou

twee dwase: een 'n gek
glo dit of nie, die ander een ek

- Namibsroos

09/07/07

klaagliedere

in die hof: lewenslange tronkstraf
haar volgende vryheid is eers weer die graf
wou mos haar kerel haatlik vermoor
sy was kranksinnig het haar kop verloor
sy is gevaarlik sluit haar vir ewig toe
en gee die sleutels vir 'n straat troebadoe

dit was vir 'n ruk die doodsvonnis gewees
en dit was vir 'n ruk iets om oor te vrees
voor daai ruk was dit erger as die dood
dit was pyn en lyding soos die duiwel se soort
ek kon niks doen om die aardse dood te keer
en van nou tot vir ewig is ek in die sel vas gekeur

sy was hier en sy was goedkoop
en sy het klaar haar klere afgestroop
my hart het gebons en my bloed gekook
duidelik was hierdie liefde van 'n ander soort
vinnig het sy haar teenaan my gevlei
en ek was te weerloos om daarteen te stry

hoe kon jy dink dat ek dit daar sou laat?
met die prentjie vars in my kop van haar gelaat
jy was die verraaier en dit in my huis
ek wou jou vermorsel en jou vergruis
jy was oneerlik en ontrou
en jy het dit gou genoeg berou

jy was 'n beminde en jy was myne maar nou kan die Here jou kry, nou is jy Syne

- Namibsroos

09/07/07

loskom

erens troos met loskom kans so min
wanneer het hierdie lyding begin

begeertes op die agter stoep
van ver langs die doderyk roep

begeertes loskom kans is skraal
net soos die einde aan die tranedal

verlore wense met die wind
loskomkans nietemin

na die dood so koud en vaal
begeertes moes sy prys betaal

stuur die boodskap met die son
begeertes het toe los gekom

- Namibsroos

07/06/07

Bittersoete Pyne

ek stap ja stap hierdie stofpad deur
en daar's iets wat my elke keer verteer
iets so erg soos bittersoet seer
maar ek stap steeds die paadjie teer

en my hart ja hart raak al veels te swaar
om hom oral saam met my rond te dra
en my oe is ook al moeg getraan
van al die pyn wat hulle moet verdra

en my mond ja mond is al leeg gepraat
en my keel is ook al droog gevra
van al die dinge wat my pla
en oor alles wat in my pad staan

my siel ja siel is al moeg geklou
aan alles wat my van geluk weerhou
my geloof het ek al lankal wantrou
om vlees en bloed by mekaar te hou

my hulp ja hulp is al lankal vergeet
en al die raad het ek hoeka geweet
van al die klaagliedere in eer
en my grote God wat ek moet vereer

die lig in my het lankal verflou
dit het lankal met skyn opgehou
en die stene waarmee ek moet bou
het lankal verbrokkel en verbrou

nou my gees ja gees sal ophou glo
aan die vrede van die Vader daar Bo
die dag as die stof van my oë
verenig met die van die Klein Karoo

ek weet ja weet redding sal kom
as ek net my beloftes nakom
dan sal die vrede vanselwers blom
en dan is die pyn vir ewig stom

ek moet my geloof net keer om te wankal
en dan sou ek gered gewees het al lankal.

- Namibsroos

02/06/07

as dit reën

as wolke traan
sal ek gaan staan
en stil omdraai
en jou my sien verraai

my hart sal dan weer bloei
alle wonde sal ooptrek
die bloed sal strome vloei
en die verlede sal weer uitlek

as wolke ophou traan
sal ek voortgaan
ek sal t'rug draai
en vergeet jy't my verraai

my hart sal ophou bloei
die wonde sal toegaan
die bloed sal ophou vloei
en ek sal kan voort bestaan

want ek mag
maar ek moet wag
tot dit reën
en ek's alleen ...

- Namibsroos

29/05/07

net as op die wind

Ek is onrustig en verlore,
Ek wil wees was ek was gebore.

Die wêreld het sy rug gedraai,
My as was nie gestrooi om weg te waai.

My laaste wens was my as in die sand
Daar waar die klippers al blinkertjies brand.

Daar waar die son jou vel verskroei
Daar waar jou trane saam die rivier af vloei.

Daar waar alles se prag behoue bly,
Daar waar die Here dit gemaak het - vir my ...

Ek is eers rustig en tevrede
As ek eendag weer is waar ek was 15 jaar gelede ...

- Namibsroos

18/03/07

verewiging van gevoelens

die trane op my wange
het lankal verdroog
die trane kom nie meer
uit my gebroke oog

die hartseer op my gesig
het lankal verdwyn
die hartseer kom nie meer
uit my hart se pyn

die herrineringe in my gedagtes
het lankal opgeklaar
die herrineringe kon nie meer
uit liefdes gebaar

die woede in my hart
het lankal opgedroog
die woede kom nie meer
uit my woedende oog

die haat in my groei nog
dis al wat nog bestaan
die haat het nie soos my vlees
dekades t'rug al vergaan ...

- Namibsroos

16/12/06

dorpdag

na 'n week se harde werk
kom die dag vir die kerk.

'n vrolike opwindende dag is dit nie,
om vir jou sondes in die kerk te gaan bid nie

vrolike liedjies, vrolike sang
laat jou sommer na oordeelsdag verlang

vriendelike mense, ongelooflike preek
laat jou vergeet van harde werk deur die week

na kerk kom die ontspannende deel
waar die kinders 'n rukkie in die parkie kan gaan speel

daarna word hulle na die winkel gesleep
vir melk en brood en kaas en seep

t'rug op die plaas moet almal gaan slaap
hand voor die mond om te keer vir die gaap

'n uitputtende dag is dit dan nou nie,
so dorp toe en t'rug in minder as 'n uur!

- Namibsroos

22/11/06

kinderlike vroomheid

Vat my lewe, maak my los
Maak my weer 'n kind van die bos

Vat die kruis op my rug
Vat hom en gaan gee hom t'rug
Vat my sorge wat my pla
Maak my 'n kind wat niks moet dra

Neem my sondes, vat dit weg
Neem dit na 'n beter plek
Neem my hart, draai dit om
Maak my 'n kind wat na U sal kom

Kom haal my trane in my hartseer
Kom haal dit keer op keer op keer
Kom haal die snikke op my hart
Maak my 'n kind sonder smart

Gaan haal vir my 'n sandrosie op Lüdritz se strand
Gaan haal vir my die son wat tot in jou hart brand
Gaan haal vir my die woeste Suid-Wes wind
Maak my weer 'n kaalvoet kind

- Namibsroos

17/11/06

Verraaier

is jy dan die moeite werd om strofpaaie te kruis
in die teenoorgestelde rigting in as die van die plaashuis
om te weet dat dit wat kom, is in een oogwink verby
van gesteelde liefde met hartskwale daarby

is jy dan die moeite werd om deur klowe te dwaal
die risiko te loop om weer te verdwaal
om te weet dat dit wat kom, is een bitter soet sonde
slegs verleiding sal wees van die ou verbinde wonde

is jy dan die moeite werd om die kettings af te breek
van geroeste plaashekke vergete en versteek
om te weet dit wat kom,is die verkeerdelike paaie
die liefde sal voorstel, met kronkel draaie

is jy dan die moeite werd om die kamp in te gaan
van gevare wat nog altyd uit net straf bestaan
om te weet dat dit wat kom, is 'n skande in God se oë
om verder te dryf as die beskikte vermoeë

is jy die moeite werd om deur die bosse voort te beur
stukkend, verwoes, gebreek en geskeur
met 'n klippie in die skoen, 'n doring in die vlees
was jy dan rerig al die moeite werd gewees

- Namibsroos

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner