Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Vrede

Vrede vlug my voet,
Vrede jag my siel na roet,
Vrede ontglip my hart
Vrede vrede vrede,
na 'n dag se ploeg
rem my siel na 'n rusplek in my hart
Smeek genade my gees na 'n stilte tyd
Maar wyk die vrede my nog steeds
Vrede Vrede Vrede
Ek skree in 'n binnekamer
Gil in my wese
Soek ek na die vrede in my hart
Vind ek lee vertrekke vol niks
Getap van die lewe se lag
Vrede Vrede Vrede
Wyk my dag na dag
Jag hy my met sy grynslag
In lee kamers sonder 'n bank
Waarop my voete kan sak
Vrede Vrede Vrede
Weet ek dit is nie in my mag
Soeke na jou skoon vergete
Dan vind ek vrede by die voete van my Here

Pieter Henning

Naggeluide

Soos die sterre lê en wag
Vir die afbreek van die dag
Die maan wat insluip in sy prag
Die honde wat in afwagting wag
Die rooklose trein sê net nag
Die dooie stilte wat asem ophou
En die naggeluide wat saggies opbou
Tot 'n smeulende gelag
Wat jou siel meesleur tot laat in die nag
Dan bars die simfonie los van die lag
En jubel vir die dag wat verkas
Naggeluide ontplof met 'n harde slag
Krieke wat saggies wals oor jou gras
En hulle viole huil deur die nag
So het ek gelê en wag
En elke dag na jou gesmag
Tot jy jou liefdeslied in my hart volmag
Bars my siel hele dag met sierlike prag
Laat my lewe omdat jy my met liefde vermag
In stilte het ek lank gewag
Tot jy jou swanesang saggies in my oor besing
Dan bars ek soos die nag met 'n nuwe begin
En dit alles is geskep deur die Almagtige se krag

Pieter Henning

Dra die las

Ek het gelief die las
Heeltyd na jou gejag
My geneem op onbekende wee
Waar jy my somtyds laat ween
Met 'n ruk het jy my gepluk
Tot teen die been
My besef dat ek moet dra die las
En jou nooit weggepak in 'n tas
Strompel het jy my laat verkas
En dan weer genooi as jou gas
My liefde gebind met jou siel se gare
Was ek baie verlore tussen die drade
Jou seine het my op verdwaalde spore
Moedeloos gestoei en verlore
Sleur jy my mee in rasionele denke
In vervoering oor al jou wenke
Smokkel jy my gedenke
Sleep jou siel my saam op jou vlerke
En beleef ek genoegsame wenke
Ek het gelief die las
Want oorwining was in my kas

Pieter Henning

afskeid

Hoe diep was jou lewe ingevleg
Met snye swaar in my geheue
'n kleine kind die wereld gebring
Wat die vreugde sou bring
Dan blaas jou asem
Nie meer wasem
En ek staan by jou kis
En talm verlore
Verskeur is my beskore
Gebroke en verlore
Swerf my siel na jou
My kleine dogter verlore
My siel vasgekluister
En hoop my kind sal dalk fluister
Vind ek vertroosting
Weet ek my kind is by die Trooster

Pieter Henning

Onder die Suiderkruis

Onder die suiderkruis le ek en staar
Verdwyn in 'n wêreld van fee en prinse
En hou die suiderkruis as my anker
Vergete in 'n benewelde brein
Verslete tussen vergange jare
Dwaal ek soos skape deur my dae
Vlug my brein na jubel jare
Danse met prinse en fee
Konings en koninginne
Wat rondom my vee
Knipoog die maan
Want hy ken my vergange dae
Toe oë dans ek met my verlange
Onder die suiderkruis waar ek lê en staar
Wals my gedagtegange na vervloë
Meerminne speel om my voete
En sprokies rol af in die gange
Onder die suiderkruis waar my anker lê
Ruk die lewe my terug
Glimlag ek verlore
Oor die vegange se dae
Treur my siel na 'n tydperk verlore
Dit was my nooit beskore

Pieter Henning

Koester die lewe my kind

Kosbaar soos die wind
Verlore en weer gevind
Elke dag begin met sin
Koester die lewe my kind
Kosbaar soos die see
Onbekend is sy wee
Net hy weet waar hy vee
Koester die lewe my kind
Kosbaar soos die vuur
Verteer binne'n uur
Nou is die uur
Koester die lewe my kind
Kosbaar soos 'n vrou
Wat jou met liefde omvou
Vertroos wanneer jy rou
Wat altyd aan jou sal klou
Koester die lewe my kind
Kosbaar soos die van 'n kind
Wat jou met sy liefde sal bind
Wat jou sal volg blind
En jy weet waar jy hom vind
Koester die lewe my kind
Kosbaar soos die dood
Wat vir ewig daar woon
Salige heilige plek waar jy woon
Nooit weer is jy in die nood
Koester die lewe my kind
Die dag is so kort soos die dood
Want die lewe my kind is die liewe Heer

Pieter Henning

Laaste Hawe

Veilige hawe strek voor my uit
Onbekende wee le strak uitgesprei
Gemoed le vas geboei
In die laaste hawe
Verterk lê baie traag
My lewe is nou weg
My laaste pas wat ek moet vat
Hierdie is my laaste hawe
Onbekende reise
Na op my afdraende pad
Onbekend lê my wee
Wat die lewe aan my verdeel
Die laaste hawe
Kruip ek veilig weg
Versteen in my eie tyd
Tog hamer tyd verby
En stadig moet ek aanskuif
En verlaat my laaste hawe
Op my reis na my eie dood
Hartseer staar ek na die laaste hawe
En weet my reis is nou net genade

Pieter Henning

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner