|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
in die oomblik in
val jy in die oomblik in?
van waar
en hoe?
Die oomblik waar ek en jy een is
en nog nie geskei
in 'n donker wêreld
ingestuur
is nie ...
daar waar ons sukkel om mekaar te vind
ek sien jou
maar jy kyk weg
jy sien my
maar ek kyk weg
hoe gaan ons op die ou end
die waarheid face
as leuens in ons gesig
gegooi word
sonder ophou ...
leuens wat ons van mekaar wegdraai
op die laaste oomblik
leuens
wat volrond aan ons voorgestel word
met die doel
om ons te skei
nog voor ons mekaar kan vind ...
waarlik vind.
ek en jy
geskei
in n donker wêreld in ...
wanneer gaan ons mekaar vind?
Val terug in die oomblik in
die oomblik waar ons een is
hou vas
en moenie los nie
tot ons hande werklik
hier
inmekaar gesmelt is ...
en ons lig saam kan skyn
vir 'n donker wêreld.
- Renee Swart
gedagte
sonder om weer te dink
en weer
en weer
voorbeoordeeld
en ingedompel in die waarheid
in
wat klop
en klop
en klop
sonder ophou
tot jy oopmaak ...
gedagte
weersin
wonder
sonder om te keer
kom weer
en weer
en weer
die deur skuif oop
op 'n skrefie
mar die lig verblind my
en alle weerstand verander
in aanvaarding
wat na my staar
oop en bedaard
in die wit lig
van vrede.
- Renee Swart
|