Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Vir Al Daardie Hi-Poppelaai Vroumense

Jy staar soos 'n sot na jou inkopielys

Doom
Brood (Sasko)
Energade vir die kinders

Jou vingers is blind met persrooi doppe
En jou hare - Dark & Lovely Red
Die geel eyeshadow lyk soos piepie - 'n hond s'n
Lipstick is pers, most probably gekoop by Clicks
Queen Elizabeth sal jaloers wees op jou jewels, alles by Foschini gekoop
Toe dink jy
"Wie gaan weet?"
En die luiperd vra waar is sy pels
Jy staan op stilettos en dit lyk of jy gaan val
Val
Val

Tot bo op die drol wat voor jou in haar oor krap

Appels
Hondekos (Butch)
En 'n stukkie vleis vir Kobus

Jou tiete hang los, soos gesmelte was
Bo-oor jou boepie (klein maar tog sigbaar)
En jou boude is vetkoeke voor dit nog gaar is

Jy lek jou lippe af vir die roomkoeke
Jy ook 'n koek
Met jou koek wat jy wegsteek
Veral vir die man met die Tom Selleck snor

Jy haal 'n PLATINUM, ek herhaal dit vir poëtiese doeleindes, PLATINUM
kaart uit

Jy betaal met jou vingers wat glinster met glitter - die kind se projek?
Laat my wag ... vir
vyf minute
om eers 'n
sjokolade
te gaan
kry

Teken gou
Teken gou hier
Dankie mevrou
Geniet die dag

Jy draai om

Dankie
Dankie dat jy gewag het

En in die swetende son
Met die lig wat met wiskundige lyntjies gemeet en getrek is
Op jou val
En jou hare net dalk
Duur lyk
En jou boepens
Kleiner lyk
En die juwele glinster
soos die Queen s'n

daar waar jy staan en kyk of alles op jou strokie korrek is

daar lyk jy toe glad nie so bad nie

Renier Palland

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner