Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Memoires

'n Vyfsent was 'n sixpens
'n Transvaler was 'n blikpens
'n Sjieling word toe tiensent
almal suig net pepperment
Niemand ken meer suurklontjies
dink jy praat van kleine hondjies
Wat van drop en liquorice
glo net "two-pens 'n piece"

'n Borgward kry jy nou nie meer
modernisasie ken geen keer
vir alles uit die oude doos loop ons lig
stoomtrein maak nou plek vir moltrein
van muil en karperd op die dorpsplein
is al toeka se dae nie meer 'n sig
vliegtuie het toe nog nie gevlieg
of op die hoë strome weg gewieg

kinders kon nog kinders wees
lekker speel en storie lees
inry-fliek eenmaal 'n maand
word 'n TV-show vanaand
Huisgodsdiens en boekevat
rondom die groot ou tafelblad
is nou nog net 'n vae begrip
wat gou in vergetelheid inglip.

Maar mense bly nog mense
en almal het nog wense
dat alles weer soos eens kan wees
eevoudig mooi en sonder skyn
heerlik warm was die samesyn
en bymekaarkom dae se gees
was tog te guitig en so vry
want ons was almal toe nog bly

Riane Venter

Verslawing

Die verslaafde se oë is nie leeg
staar nie sigloos voor hom uit,
sy verslawing word nie geweeg
in gramme , bottels dosis of spuit.
Die verslaafde hang dit om sy lyf,
dit is modieus en sit styf
soos n pou sal hy pronk ...
om gesien te word, maak hom dronk

Die verslaafde hoes nie sy longe uit,
sy tande is nie geel en rook bevlek.
om te werk skeel hom nie n duit ...
dit is luiheid wat sy tafel dek
en leuens gly van sy lippe af.
eerbaarheid waai vir hom soos kaf ...
en lewe is nie net werk en sloof
vir die gesanik hou hy hom doof

Die verslaafde lê nie opgesluit
en wroeg die onttrekking
n spuitnaald of n lekkie gom
geketting aan sy bed ...
besittings is sy kis se kluit
grootheidswaan en selfbehep bring
hom glorie, help hom om,
so glo hy homself te red

Die verslaafde hou sy oë gesluit
vergeet van waarheid, sal dit ontwyk
is gemaklik met niks doen
kry van slaap nooitnie genoeg
nog n bietjie lof asseblief nie verwyt
hierdie kan sy klere stryk
daardie politoer sy skoen
hoe sal hy dan ook nog swoeg?

Die verslaafde se keel 'n wye glybaan
waarin kos en drank verdwyn ...
nooit kry hy met eet gedaan.
eet verdoof verbloem, verplaas die pyn.
Kos is sy getroue metgesel
tot by die deure van die hel.
Waar dood hom staan en inwag
Sluk hy net n laaste slag.

Riane Venter

Vergeefs

AL DOEN DIE MENS ELKE DAG
ELKE WEEK
ELKE MAAND
NET SY BES
WAT SE VOORDEEL HET HY
BO HOM
WAT NET
MAAR DOEN

AL BEPLAN DIE MENS ELKE DAG
ELKE WEEK
ELKE MAAND
SY EIE PAD
IS SY PAD DAN KORTER
AS HY
WAT NET
MAAR LOOP

SAL HY DAN WAT BOEKHOU
VAN DIE KWAAD
VAN DIE SEER
VAN DIE HAAT
MEER ONRUS ERVAAR
AS HY
WAT DIT
NOOIT GEDENK

SAL HY DAN WAT VERGAAR
JUWELE EN GOUD
KOS EN KLEED
HUIS EN HAARD
MEER KAN SAAMNEEM
AS HY
WAT LEEF
VAN DAG TOT DAG

SAL SY DAN WAT KINDERLOOS
MET LEE ARMS
LEE SKOOT
LEE HART
MINDER SMART ERVAAR
AS SY
WAT HUIL
OOR KINDERLEED

SAL DIE MENS DAN KAN VERTAAN
DAT ALLES WAT IS
REEDS WAS
WEER SAL WEES
DAT DAAR NIKS NUUT
OP AARDE
ONDER DIE
SON IS NIE

Riane Venter

Tolbos

Ek wou, ek wou nie
tolbos op die maat van twyfel
hiernatoe, na daardie kant
was dit nie vir jou nie ...
Grou grys winterwind
lig my verweer uit sy rusplek
rolbos dit oor vlaktes van weifel
gooi dit oor hoop se rant
was dit nie vir jou nie ...
was ek steeds siende blind
tolbos in die wind ...

Riane Venter

Winter

Asem , wasem, yl dun lug
spiraal na bo, vorm ys
druppels op gras,
blink in die son
dooie blare warrelwind,
voeltjies skuil sag ...
warm in hul verebed
akkedis staan kop omhoog
vang die son se strale flou
Wagter kry n warm kol
kry sy lê met diepe sug.
Alles nou grou en grys
somervuur lê net in as.
Hen se vere maak ballon
roep hard na elke kind;
waar hul speel en lag
tikkie hitte gou te red
van winterson se flou verhoog ...
en met die strale te kan trou
voor alles gou in kou verstol.

Riane Venter

Donker wolk

My volkie speel nou buite nog
koester hulle in die son se lig.
Stadig rol die wolk al nader
die lig word grys, die son so flou.
Maak oop jul oë! sien die magog;
kyk hy steel ons son se lig!
Help ons nou ... help ons Vader

Eers sak dit toe soos mis en dou
versprei en maak die hemel grou.
Al dikker word die wolk en rol
met al sy mag, sonder om te stol
Sleep voor hom genadeloos mee
my volkie wat so spartel en skree
waar sal hul nou gaan skuil

Die donker wolk rol en rol alom
dit kolk en draai en sleep en stroom
vee alles in 'n oogwink plat
wat eeue lank versamel was
ons mooie taal word stom
kultuur vervaag in nog 'n droom
alles word blatant ... gevat?

Voor my volk se oë geraap
wyl in geruste diepe slaap
ewe gerus was leiers vertrou
wat, soos politici, nie woord kan hou
My volkie is opgeveil, verraai
soos sand en stof weg gewaai
Die donker wolk het gaan lê.

Riane Venter

VERGEEFS

AL DOEN DIE MENS ELKE DAG
ELKE WEEK
ELKE MAAND
NET SY BES
WAT SE VOORDEEL HET HY
BO HOM
WAT NET
MAAR DOEN

AL BEPLAN DIE MENS ELKE DAG
ELKE WEEK
ELKE MAAND
SY EIE PAD
IS SY PAD DAN KORTER
AS HY
WAT NET
MAAR LOOP

SAL HY DAN WAT BOEKHOU
VAN DIE KWAAD
VAN DIE SEER
VAN DIE HAAT
MEER ONRUS ERVAAR
AS HY
WAT DIT
NOOIT GEDENK

SAL HY DAN WAT VERGAAR
JUWELE EN GOUD
KOS EN KLEED
HUIS EN HAARD
MEER KAN SAAMNEEM
AS HY
WAT LEEF
VAN DAG TOT DAG

SAL SY DAN WAT KINDERLOOS
MET LEE ARMS
LEE SKOOT
LEE HART
MINDER SMART ERVAAR
AS SY
WAT HUIL
OOR KINDERLEED

SAL DIE MENS DAN KAN VERTAAN
DAT ALLES WAT IS
REEDS WAS
WEER SAL WEES
DAT DAAR NIKS NUUT
OP AARDE
ONDER DIE
SON IS NIE

Riane Venter

Nuwe Generasie

Arms omhoog, vuiste gebal
Viva Viva ons soek regte
menseregte, vir groot en klein
Gee ons vryheid, gee ons mag
uitdagend staan hul daar,
malende donker mensewal.
Gereed vir aanval of gevegte-
soos 'n golf wat dein
wat hul eis, is wat hul verwag
gee dit nou , of dit is klaar
met een en almal hier vergaar!

Arms omhoog, vuiste gebal ...
Viva Viva, ons is die jeug!
die toekoms behoort aan ons
weg met reëls, orde en die wette.
Weg met alles wat diskrimineer-
ons gemoed is gevul met gal ...
oor wat ons jare lank moes teug
met vrees, en harte wat bons.
Wyl hul smul aan die vette,
pyn die honger in ons meer.

Arms omhoog, vuiste gebal
die wit vlag kom tot 'n val.
Skote klap, voete neem loop
val in die stof, kruip weer voort
behou die hoop ... behou die hoop
sleep in deur die nou poort
van 'n nuwe bedeling, nuwe lewe.
deur die haat aangedrewe
beur na vore, skree, stamp,stoot ...
daar klink 'n knal, 'n enkel skoot
bloed vloei rooi en vlek die sand
Die vuis gaan oop in 'n hand

Riane Venter

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner