Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Sy is jou heldin

Voel hoe klop my hart
die een wat ek op jou verloor het
ek voel deur makaar
maar dis die begin van die einde, dis klaar

ek voel vir jou, vir jou en vir my
dit is 'n gevoel, nie iets waarteen jy baklei
jy pas by haar, my vriendin
sy is beter, jou heldin

- Rizel Venter

Gister se idee

verlange verander alles
al sê jy,
jy's oor my
liefde bly staan
tot as in stof vergaan

die ou dae?
vra ek myself nog elke aand
wat gebeur more?
wat was gister se idee?

- Rizel Venter

die dae van my en jou

jy was die een wat ek wou saam vra movies toe,
jy was die een wat moes sê, sy's myne
jy was die een wat my elke aand gebel het
die ene wat my alles geweet het

ek wou he jy moes my sê van die begin af
ek wou hê jy moes by jou woord hou
ek wou jou sê, maar toe is dit te laat
die 3 woorde wat ek nie kan sê nie

jy het baie goed gesê
jy het leuens vir jou vriende vertel
jy wou dalk by my ook wees
die paar dae wat daar was

ek het tjoepstil gebly oor my gevoelens
ek kon jou als vertel, behalwe dit
ek kon jou lag en stem in my hartjie bêre
die dat ek dit nie kan uitkry

jy voel nie meer dieselfde,
ek moet dit aanvaar,
jy het aanbeweeg,
ek moet ook
die dae van my en jou

- Rizel Venter

winter dae

sê my nou hoe jy voel
of is dit al ou nuus
al voel jy dit nie
ek is hier vir jou
daardie vliegtuig vlieg nou vir my ook weg

Koor:
winter dae is koud,
somer dae te lank vir my
korter ure
minder dae
is al wat ek nou vra

weet jy hoe mis ek hom
hy's nog nie eers weg nie
weet jy wat liefde is?
gaan jy my vergeet deur tyd
wil jy my nog langer dat?
of gaan jy net vergeet,
vergeet van my deer tyd?

- Rizel Venter

die boere

alles groei, vang hemel lengtes
die skepping groei mooi na die reën
onnodige vrugte groei
die boere opluk en deel vir die armes

bloedige hitte verwoes als
in 'n sekond verdwyn:
werk,
tyd en
sentiment

- Rizel Venter

Roedolf

Jou woorde bring my deur die dag
En jou chat my deur die nag
Jy maak ons lag
En raak kwaad as jy moet wag

'n foto sonder 'n gesig
Woorde sonder 'n stem
'n loop sonder voet stappe
En jou tiseus sonder trane

Jy's daar vir 'n rede
En "bewaar" die vrede
Vir jou se ek dankie,
Jy't n special plek in my hartjie

- Rizel Venter

'n Brief

'n Brief geskryf met die hand
gevoelens uit 'n gebroke hart
liedjies speel in my deurmakaar kop
en ongewenste goed word gese met my mond

hoekom party goed werk en andr nie,
is nie iets wat ons altyd verstaan nie
die toekoms lê in God se hande
want aan n saak is daar drie kante
God s'n, joune en myne
'n groter prent wat ons later sien

- Rizel Venter

Elke dag

Elke dag
'n droom nader
elke uur
'n gedagte nader
elke minuut
'n leeftyd nader aan U

Ek kry elke oggend
'n sonsopkoms
elke middag 12 uur
en elke aand 'n son onder
elke oomblik 'n dank in my hart
en elke stap U in my hart

Ek het altyd iets om oor te lag
'n wolk waarvoor ek wag
altyd iets om oor dankbaar te wees
want dis U gees,
wat in my heers ...

Aan liewe Jesus

- Rizel Venter

Proefkonyn

Ek is jammer maar nee
was my woorde en nou weer
vergeet van my
probeer die situasie vermy
daar was nooit iets

Los ons uit!
ons is gelukkig, dit weet ek vir 'n feit
ek ken die pyn
ek was 'n proefkonyn
ek is jammer, maar kan ons
nog vriende wees?

ons verloor ons kanse, van wat ons wou
net as gevolg van jou
Jy is altyd in die middel
'n prop in ons fonkel

los my nou, asseblief
ek het hom lief
maar as jy so oor my voel
en sê wat jy bedoel
is ek dit mos nie die moeite werd ...

- Rizel Venter

Lag

Koppel jy jou woorde aan gevoel
sê jy wat jy bedoel
of gee jy net kyke
en 'n lag,
weg gesteek so sag

Elkeen is uniek
vir die regte geleenthede, spesifiek
somiges steek iets weg
en ander maak wonde reg

Sommiges skyn net in die son
en lyk soos 'n papawer wat blom
en ander sê dis die einde
net so, sonder woorde

- Rizel Venter

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner