Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling. Digters Anoniem ...
Depressie
Gemoed donker soos die swartste nag
Die lig kwyn weg teen die swart
wat my siel wil insluk,
onttrek van alles ... almal.
Net ek alleen, verlate,
vervreem van die buite. Die
sonskyn nie meer deel van
nou nie.
Blom en boom is glansloos,
soos 'n treurwilger
hang na onder.
My binneste, 'n dooie plek,
plek sonder son en lag,
Woorde keer terug na my binnekant ongesê,
lê hulle op my siel.
Die mens wat ek gister was, dood
Is ek al begrawe?
O sonskyn ruk my terug
voor die graf my insluk.
Voor die kluite op my neerkom
soos 'n donker woud sonder einde,
soekend, dwalend vir
'n sonstraal. Vandag se donkerte is gister se vloeke.
Breek los is net woorde, woorde sonder betekenis,
woorde wat nie vloeke uitwis nie.
Waar sal die andwoord op more lê, in gister of vandag
saam gee hulle nie vertroosting vir môre nie
Donker wolk,
wanneer gee jy pad en laat die son weer deurkom
Groei kom met lewe, son en geluk
in jou, donkerte, is daar niks, niks wat 'n more son sal gee nie
niks wat die lag om my mondhoeke sal laat dans nie
jy is die tronk van my siel