Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Bang

Ek is so bang
vir die duiwel
wat binne my slaap -
die onwrikbare getuienis
wat oor my lippe spoel.

Ek word so bang
vir alles wat ek dink -
die dorre gedagtes
wat my siel verteer.

Ek is bang
vir die lig wat skyn -
die ongetemde vrees wat my beetpak
as ek sien hoe die lig
kan skyn.

Ek is so onversetlik bang vir mense
wat my teister met
liefde en glimlagte
en onbeskaamd die
grense van my mure afbreek.

Ek is bang vir god
hy dra my op sy rug -
as ek val, val ek hard
en bliksem doelloos op
die aarde neer.

Rudi Botha

Die Aarde

¸¸¸¸ en God het geskep en God het gekyk
en dit was goed ¸¸¸¸

die blou bal ongeskonde in sy baan laat val
die son gedraai om lig te gee
die maan sy blou lig op die water laat val

en die mens gemaak en nog gemaak
die voels die berge die lied
en trots sy skepping oorgegee
en angstig gesit en wag
op die gevolge van die taak

die pou het gepronk
die duif 'n druppel gedrink
die son het sy kant gedraai
die verbrokkelde reenboog het
pletterend neergeval

¸¸¸¸ terleurgesteld en verwerp
omgedraai en weggeloop en sag gehuil ¸¸¸¸

Die mens het die trane gesien
en trots sy grys enola laat val
die wolketroon op laat gaan
verblindend die menselig teen die son
verskiet en gejubel en gelag
en gewys wie het mag

¸¸¸¸ sag gehuil ¸¸¸¸

Rudi Botha

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner