Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Soeke na meer

Ek soek nie hande wat uitreik, oë wat na binne kyk.
Die lewelose vriendskap van die nar se luide handeklap.
Sing jou treurmare melodie, my ore sal nie luister nie.

My hart sal nie roer vir die huilende troebadoer.
Ek het jou siel gesien, jou hart, kan jouself nie eens dien.
Die ander kant van die more is nie vir jou beskore.
Jou uitsig is verstar in die wêreld van die luukse kar
Paleis uitsig oor die dooie see, plastiekvelde en karton vee.

Is daar in jou die soeke na meer, 'n bewustheid waaraan jy jou nog steur.
Die katlagter se luide lag in die vuur op die horison van die dag.
Sonbesies se lied in die barre Karoo, iets, om nog in te glo.

As God se genade nie tot by jou strek, al jou diere in die veld vrek.
Het jy nog die oor om te luister in jou donker uur se duister.
Wag daar nog die sagte bries van reën in jou gemoed, die somer wat kom groet.
Bars die barre aarde in jou oë, verswelg die dorre sand jou groen klowe.
Is daar in jou die soeke na meer, die draai van 'n sleutel in die slot van die deur.

- Retha Smith


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner