Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Noodroep aan my Reënmaker....

Die wolke pak saam. groot vet druppels plons op die droë grond en word byna dadelik deur die dorstige aarde ingesuig. Verligting. Reën bring altyd verligting en uitkoms... Reën laat verdroogde gras en verwelkte blomme opstaan in 'n oogwink. Reën maak skoon - dit was die vaal stof af en laat 'n vars nuwe gevoel orals in die lug. Here! Wanneer kom my reën??

My blare hang en ek kan nie meer. ek is so dors! Elke dag tap ek die laaste vog uit my stam om net deur daardie dag te oorleef. Ek smag daarna om weer regop te wees - met groen blare wat weer regop en helder ritsel as die wind deur hulle speel. Alles is droog en vaal om my en ek verstik in die stof - ek is moeg. Ek voel verwelk. As dit nie was vir die klein blomplantjie wat langs my opgeskiet het nie, sou ek al gaan lê het. Maar dis MY saadjie daai - dis my blomplantjie, dis my alles! As ek gaan lê en verwelk, waar sal die klein weerlose plantjie skadu teen die skreiende son kry? Wat se blare sal die sterk winde se spoed breek sodat dit nie die plantjie se weerlose stammetjie knak nie?

Reënmaker, hoe lank gaan hierdie droogte nog aanhou? Ek het altyd gedink ek is 'n vetplant - ek het al so baie droogtes in my lewe oorleef en groen anderkant uitgekom, maar Here hierdie droogte voel of daar net geen einde aan is nie - daar is nie verligting nie. Ek het nie meer lus om te baklei nie en ek weet nie meer watse besluite om te neem nie, want dit voel of elke besluit wat ek neem my droeër laat as die vorige een. Dis soos kruispaaie.

KRUISPAAIE.. Ek haat kruispaaie. jy is nooit seker of jy moet stop en of jy maar kan ry nie. altyd bang jy vat die verkeerde afdraai en verdwaal. Dis waar ek nou is. 'n Kruispad. Ek weet nie wat om te doen nie. Stop, ry of draai?? Dinge loop so verkeerd - gaan my besluit dinge laat regkom, of is dinge so sleg omdat ek alreeds die verkeerde kruispad gevat het?

Los ek alles wat bekend is agter en begin voor - of bly ek waar dit bekend is en deel met dit wat ek het? Gaan ek na die onbekende opsoek na voorspoed en standvastigheid of soek ek in die verkeerde plek na geluk? My droë wortels het nodig om in 'n konstante stroom van water te wees, ek wil voel of ek geanker is Here - as my wortels sterk is kan ek meer sekuriteit bied vir die klein plantjie wat langs my besig is om op te groei. As my wortels sterk is kan die winde maar waai - ek sal vas staan. Ek sal elke dag die skreiende son op my blare kan verdra, ek sal skadu maak vir my klein plantjie. Ek sal weer my blare optel en voel hoe die wind met hulle speel. Ek sal my blare na die son draai, want ek sal weer sterk wees.

Asb.? Stuur vir my genade reën. Was die ou stof van die verlede af wat 'n laag vaal oor my blare kom maak het. Vergewe my ontevrede opstandigheid. Wees my net genadig. Ek weet ek is nie die blom wat ek veronderstel is om te wees nie. dikwels druk ek my blare in 'n rigting wat ek weet ek moenie. ek weet. Daarom kan ek nie blom nie. Daarom voel my Reënmaker so ver.

Gee vir my skaduwee, asseblief. Net 'n bietjie lafenis. Stop die winde vir net 'n rukkie sodat ek net my blare weer kan optel. Gee vir my reën - harde groot druppels om al die modderkolle af te was en weg te spoel. en daarna sagte deurdringende reën wat tot by my diepste wortels sal gaan sodat ek van binne gevoed kan word. En gee vir my 'n reënboog. sodat ek kan weet die Reënmaker is met my en sal nooit toelaat dat ek en my klein blomplantjie verdroog nie.

- Tanja van Zyl


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner