Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling. Digters Anoniem ...
Weet jy wat maak seer.
As ek jou in sy arms sien
as jy sê jy het hom lief
dan voel dit of my hart uit my verwyder is.
Die woorde wat ek vir jou gesê het
en geen reaksie ontvang het nie,
het nou van hom gekom
en beteken nou vir jou so baie
my woorde.
Weet jy wat maak seer
wanneer jy sê jy het my lief en
ons albei weet ons liefde is dood.
Wanneer ons so diep in mekaar se oë
Kyk en dink, oorweeg die verlede, dit
wat nou nie meer is nie en nooit
weer sal wees nie.
As ek dink aan al die wonderlike tye, jou woorde,
die beloftes wat ons so vinnig gemaak het,
sonder om te oorweeg wat môre mag bring
ons albei het hulle verbreek
ek en jy.
Die liefde wat reg was, maar die tyd wat
so verkeerd was. Al ons tye saam, al die klein
goedjies wat so spesiaal was, is nou alles
uitgevee deur die hede.
Maar niemand weet wat maak seer!
Tom Cotter
Ons Tyd
Ek sit hier en lees al jou briewe
Al die woorde van ons maande van vreugde
en al die liefde wat ons gebind het.
Maar wat het geword van al daardie liefde
Hoe kan die soort liefde kwyn
Waar het ons verkeerd gegaan
Al die beloftes:
dat ons altyd bymekaar sal bly
dat ons altyd vir mekaar daar sal wees
dat daar nooit 'n vreemdeling tussen ons so kom staan nie
Ons het altyd geglo dat ons liefde ons sou dra
Maar kyk waar sit ons nou,
ons harte bloei, my hart vir jou
en jou hart vir 'n ander
Kyk net wat kan een keuse, een besluit aan 'n
liefde doen, 'n liefde wat almal gedink het
so verewig staan
Ons het nou ons verskillende paaie gegaan
Jy het 'n nuwe liefde, 'n liefde wat vir jou
omgee en jou gelukkig maak
En ek, ek sit in die koue, alleen.
Die pyn van die maande is stadig besig om te verdwyn
al die maanskyn en rooiwyn,
als is stadig besig om te vergaan
Maar ek, ons het dit aanvaar dat wat ons gehad het
nooit weer sal wees nie,
verewig en altyd bedek met
trane,
hartseer en
pyn.
Tom Cotter
Charne
Jy is hier, maar ek ken jou nie
Daar was 'n tyd wat ek gedink het
ek kan nie sonder jou lewe nie.
Daar het so baie goed gebeur
jy het my verlaat, weer terug gekeer
en weer verdwyn.
Ek het jou leer ken, gedink ek weet als,
maar nou sien ek 'n vreemdeling voor my staan.
Die beeldskone beeld wat ek voorheen nooit
wou verlaat het nie, het nou een van
my grootste vyande geword.
Jy was op 'n tyd deel van my, maar nou.
nou is jy deel van wat was en ons
sal nooit weer mekaar verstaan nie en
al wat nou oorbly is ons gisters.