Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Boring?

Wie't gesê dis boring om ´n Christen te wees
Om van dag tot dag gelei te word deur die Heilige Gees
Op vlerke van arende hoog te sweef
In die baarmoeder deur Hm self aanmekaar geweef

Uit Sy hand word in elke behoefte voorsien
Stuur Hy Sy engele om Sy kinders te dien
En hulle te dra, hulle teen onheil te bewaar
Hulle te beskerm en weg te hou van alle gevaar

Dis cool om aan die Here te behoort
Kry ek leiding en raad deur Sy woord
Word ek rustig en kalm, en word ek gesus
En kan ek rustig in Sy heerlikheid en vrede rus

Hy sorg vir ons, in elke behoefte voorsien Hy
Voordat ons nog vra, gee Hy reeds, ons sal nooit gebrek lei
Sy woord staan vas, Sy beloftes is waar
Ons is veilig solank ons by Hom skaar

Daar is geen een soos Hy, Hy alleen is Heer
Hy ken my hartsgeheime en weet wat ek begeer
Hy's my bron van liefde, wysheid, geluk en krag
My lewe behoort aan Hom, ons is saam elke dag

Die Here is my herder, niks sal my ontkom
Ek is tot alles in staat, ek word ondersteun deur Hom
Hy vergroot my grondgebied, neem my onder beskerming
Bewaar my van onheil en smart, ek's ´n kind van die Koning!

Elsabe van Niekerk

Weg kruip
elkeen het ´n wegkruip plek, so word beweer
waar jy kan gaan droom,selfs heel word, sonder keer
´n Plek waar niemand jou sommer kan kry
om op joueie die alledaagse feite van die lewe te vermy

vir my is daar meer as een plek waar ek gaan
en rustig word, sodat ek myself kan probeer verstaan
dalk in my drome leer ek myself ken
en hier die regte ammunisie kry om die alledaagse te wen

my lewe is soms hard, soms moeilik en alleen
al probeer ek meestal lag, trek ek soms swaar, ek swoeg en kreun
dis nie cool om te wys dat die lewe soms druk
daar's dae dat ek ook van die bitter beter moet sluk

en ek maak oop en probeer gee, soms geleidelik soms woes
saai met my trane, met gejubel sal ek oes
mense weet nie aldag, is ek ernstig of is dit speel
want ek doen dinge anders, ´n ander manier om met die lewe te deel

dis dan, as alles te veel word, en ek wil vlug
dan bring goeie herinneringe my na my droomland terug
hier is niks onmoontlik, en word al my wense waar
klim ek in my bootjie, kan ek rustig op my see van drome vaar

dis ´n plek van kalmte, vry om te wees wie ek wil wees
´n totlae vervulde mens - siel, liggaam en gees
waar ek suksesvol is, gewaardeerd, geliefkoosd en bemind
´n veilige hawe waar ek geluk en liefde vind

en soms word ek aan die slaap gesus
kan ek ontspan, kan my liggaam en gedagtes rus
neem my drome my verder, om hoër te sweef
en soos die koningin van my wêreld te leef

dalk, net eendag, word my drome waar
en kan ek my dan by ander droomverbuldes skaar
tot dan sal ek vas hou en bly glo
dat my drome wel gesien en gehoor word deur hom daar bo

Elsabe van Niekerk

Junie 2002
Nou's ek reg, ek glo ek's gereed
Dalk het die tyd aangebreek om eensame dae te vergeet
My gedagtes is reg, my lewe uitgepluis
Here, kan U nou my maat vir my uitwys

Die lewe loop draaie, en jy word voorberei
Vir ´n lewe wat Hy wil hê, hy wil jou leer en lei
En vra jy na Sy wil, Sy doel en plan
Is dit soms moeilik, moenie moed verloor, kyk op, jy kan

Hy sal jou dra, al lyk dinge duister
Hy sal sê hoe en waar, maak oop jou ore en luister
Sy woord sê Hy sal ons nooit los of vergeet
Hy si reg met Sy sëenige, is jy reg, maak gereed

Want wanneer jy dit die minste verwag
Gaan die hemele oor jou oop, verras Hy jou op ´n dag
En gee jou die begeertes van jou hart, voorsien Hy
Bereik Hy Sy doel, verstaan jy waarvoor was jy voorberei

My moed is soms laag, my kragte soms weg, is ek moeg
Wonder ek ook, wat is die rede vir my sweet en swoeg
Dis al so lank dat ek bid, moet rustig wees en wag
Met verwagting uitkyk, my gebede verhoor word, een of ander dag

Elsabe van Niekerk

Eenmaal
Daar was eenmaal ´n tyd gewees
Waar ek jonk was, sorgeloos, sonder vrees
Luidrugtig, laf, wild en vry
´n Bok vir sports, die gees van elke party

Ek was skerp van tong, flink met die brein
Het gekuier op koeldrank en chips, geen bier of wyn
Het geglo aan liefde en ewig trou
Saam in harmonie ´n toekoms met ´n man kon bou

Die lewe is hard, en loop maar ´n draai
En dit wat jy oes is nie altyd wat jy saai
En word jy gedwing om hard en sterk te word
Om met wysheid jou kommer en kwel self uit te sort

Ek weet, ek het self ´n pad geloop
Waar ek hulp en bystand van ´n prokureur moes koop
Om ´n band te knip eens gemaak in die kerk
Nog ´n huwelik op die rotse, nog een wat nie werk

Na dit, is dit moeilik, voel jy weggesmyt
Vertrou niemand, glo in jou eie beleid
Beskerm jouself, bly jy in beheer
So kry jy nie maklik weer seer

Maar eendag kom hy om ´n draai, ´n boere reus
En verdwyn die twyfel, weg is die vrees
Jy word weer jonk, nou rustiger en wys
En voor jy besef, die begin van ´n nuwe lewensreis

Elsabe van Niekerk

Sy sëen
Dis nie aldag dat mens sy sëeninge tel nie
En so maklik als as vanselfsprekend kan aanvaar
En oor jou tekortkominge bly jy sku
Op jou rykdom, praat jy oor jouself, onophoudbaar

Hoe kan ons dan op ons eie krag roem
Wil voorgee asof ons die eer verdien
Toeval of geluk tot god vernoem
En nie ´n groter mag in jou lewe insien

Tog is ons so trots, sal weinig erken
Dat ons tekortkominge so groot mag wees
En sou ons iets sonder hulp aanpak, nooit sou wen
Ons hulp kom van bo, put krag uit die Heilige Gees

Word wakker jy wat slaap, in jouself is jy min
Dit wat jy het is nie uit jou eie krag
Jy kan jouself, jou eie werke nie tot volle ontgin
Word daar vir jou voorsien, sonder uitsondering, elke dag

Want hoe kan ´n Pa Sy kinders vergeet
Hy wat die beste is, die groot Voorsiener, Almagtige Heer
Wat jy het is nie alleen deur jou eie geswoeg of sweet
Dis Hy wat voorsien, wat gee, niks kan ons van Sy liefde keer!

Elsabč van Niekerk

Somer in die Winter
Die lewe is ´n lied, so word daar beweer
Vol van note, soms vrolik en hard, soms rustig en teer
En is die keuse van jou lied ´n spieelbeeld van jou hart
Sing jy soos jy voel, kan jy met melodie en woorde tart

So ook is die dae soms anders as gewoon
En word jy in die winter met ´n somersdag beloon
Vir ´n oomblik vergeet jy van die koue wat jou beklem
Is jy ontslae van die loop neus en die gekrap van ´n hees stem

Net so verander die dae waardeur jy gaan
En wens jy om elke oomblik met volle begrip te verstaan
Om antwoorde te hč op elke vraag ooit gevra
Met trots selfs jou minder mooi verlede saam te dra

Maar tog al voel dit soos winter wat jy beleef
Kom daar ´n dag wat jy opgetel word en jy begin sweef
Dis tyd om oor jou omstandighede te heers
Die jas waaronder jy skuil het jou gekul, buite is daar iets meers

En gaan jou oë vir die eerste keer oop, sien jy die lewe raak
Het die tyd aangebreek en kan jy uit jou winterslaap ontwaak
Jou tyd vir groei het aangebreek, nou kan jy blom
Vir jou om te skyn, om ´n sonkind te wees, het nou gekom

Sing ´n nuwe lied! Sing met nuwe lus jou lied
Die lewe het jou ´n nuwe kans gebied
Die winter is vir eers verby - weg met die sombere noot
Dis deel van die lewe, winter en somer, jy's nie meer ´n kind leer jy
. jy word groot

Elsabč

Ek droom van ´n man
Daar was nog altyd ´n man wat my laat droom het
Iemand aan wie my gedagtes behoort, ´n veiligheidsnet
Wat my nog telkemale kon vang wanneer ek sou los
Nog niks van my gevra nie, nog niks opoffering van my gekos

Hy is lank en lenig, blou oë, blonde hare
Sing sy eie liedjies, toor met kitaarsnare
Sy humorsin is aansteeklik, hy weet hoe om te lag
Hy's modern, jonk van gees, dra "funky" drag

Van standerd drie al is ek been af oor hom
Laat selfs ´n gedagte my gesig blom
Het ons een dag saam op die plaas gespeel
´n Vrolike middag in die winter gedeel

Ons paaie het geskei, en hoop het vervaag
Dat enige kontak tussen ons ooit sou slaag
Maar tyd het verloop en ons het gegroei
Dalk is die tyd nou reg vir ons padjies om saam te vloei

Daar is dae dat ek verlang en hom erg mis
Soms is ek onseker, is dit hy, my liefde, of het ek my misgis
Al die jare aan herinneringe vasgehou, aan hom bly dink
Bly hoop dat daar vir ons saam ´n toekoms wink

Ek is gevra om vir iemand soos Dawid uit te kyk
´n Sagte gees, ´n man van God, met alles na Hom toe uitreik
Hy sal ´n priester wees in ons huis, ´n man met moed
Ek weet Hy is getrou, Hy sal ons met so ´n man vergoed

Here, kan dit dalk wees, ek sal jubel en juig
Sou U my ´n man gee volgens U beloftes, sal ek sekerlik getuig
Dat U woord waar is, U is getrou
U sal hierdie huwelik en ons as gesin veilig in U hande hou

Net soos ek is hy ook U kind
En sal hy my op die regte tyd, op die regte plek, vind
Beide van ons sal weet, al die twyfel en soek weg gevee
Dit is reg, ons hoort saam, U het ons vir mekaar gegee

Elsabč
(12 Junie 2002)

Winter
As die reen so val, en die koue vat aan jou
En jy naarstigtelik aan die komberse vas klou
Om nie vinnig te los want jy is warm en snoesig
En buite is dit nat, winderig en triestig

Dis die winter wat aanbreek, die nat weer is hier
Die tyd het gekom vir rooiwyn en kaggelvuur
Om snoesig teen mekaar te sit en koer
En skelm met tye na mekaar te loer

Dis die siesoen van romanse, van liggaamshitte soek
Toegewikkeld in jou bed, te gryp na Milo en ´n dik boek
Jouself te verloor tussen bladsye vol avontuur
Waar jy jou gedagtes in miljoene rigtings in mag stuur

´n Flou liggie wat brand, en die klanke van sagte musiek wat speel
En die drome wat jy geheimsinnig met ´n dierbare deel
Terwyl die vuur liggies knetter en knars
En die reuk van die natuur, klam, dog vars

Vetkoek, kerrie, sop en pannekoek met piesangs en stroop
Half gesmelte marshmallows in warm sjokolade gedoop
Tuisgebakte brood met botter en korrelkonfyt
Al die geselligheid en hitte agter ´n deur toegesluit

En saans wanneer die dag verander na nag
Om plek te maak vir rustigheid en slaap, hou engele die wag
Word ons huis bedek met vrede, liefde en trou
Weet ons ons is geseend, ons is veilig, ons word in Sy arms toegevou

More kom, en steeds val die reen deurdringend en sag
Ontwaak die wereld in groenheid, ryk van prag
Hang miswolke laag, en versper die son se sig
Hier binne ontwaak elk met die breek van daglig

Elsabč

Vanoggend
Ek het opgestaan met ´n lied in die hart
Maar huiwerig aan die dag gevat
Want wat sou vandag inhou vir my
Wat sal ek uit hierdie volgende paar uur kan kry

Of gaan dit oor dit wat ek kan gee
Gaan dit oor dit waaraan ek my tyd gaan bestee
Waar my gedagtes en prioriteite gaan wees
Dit wat ander in my optrede gaan lees

Eintlik is ek in ´n waas, my gedagtes dwaal
Ek is alleen, en behoort aan geen kraal
Waar mens beskerm en opgepas voortgaan
En ongestoord in ´n trop bestaan

Ek soek nog my huis, waar ek hoort
Ek wag nog vir die man, iemand van my soort
Wat hierdie eensame dae gaan keer
Geen koue wintersaande meer

Jis, dit moet nice wees om te weet
In iemand se gedagtes lewe jy, hy kan jou nie vergeet
Hoogs verlief en diep in die hart gevleg
Met sekerheid nie een gaan ooit weg

Om in sy strek arms toegevou te word
Met liefdeswoorde oor jou uitgestort
Die wete jy is syne, hy behoort aan jou
Hy sal jul liefde bewaar, jul drome altyd veilig hou

Dis ´n kleindogtertjie droom, een wat ek bewaar
Ek weet dat eendag word drome waar
Maar soos Rut moet ek klaar kry, rustig bly en wag
My Boas sal opdaag, een of ander dag

Elsabê

Onverwags
Toe gebeur dit, toe ek dit nie verwag
Die ondenkbare, ongelooflike, mees wonderlike gevoel
En wetend dat alles wat ek sê, dit word bedoel
So op ´n triestige, herfs dag

Vir ´n paar dae was dit winter, koud en dood
Soos die Kaapse winter het trane soos reen geval
Het bloed van ´n stukkende hart geloop soos die breek van ´n damwal
En met elke tree die saamsleep van ´n gekettingde bal uit lood

Maar soos die seisoense die wereld verander
En die dae verskil van nat na droog, warm na koud
En die jare loop aan, jonk en lewenslustig eensaam en oud
So ook die gemoed, val rond soos ´n aangeblaasde brander

Die son kom weer uit, dit bly nie altyd nag
Die die bome bot, die blomme bloei
Uit die dooie en dor, is daar nuwe lewe aan't vloei
En word ´n harde wereld oornag weer sag

Ek is bly om te kan leef, om alles te ervaar
Om sowel die sleg en die goeie te kan smaak
En word deur soveel aspekte in die lewe geraak
Te sien hoe sleg tog ook die goeie kan baar

Dit help nie om te sit, te huil en kla
Staan op! Daar is wel mooi op pad
Kyk, dis nie ver, jy kan amper daaraan vat
Dis goed om jou las in jou jong dae te dra

Ek sal weer lag, die are uitbundig uit staan
Kop agteroor uit my maag uit gil van plesier
Die wereld kop omhoog, met volle vertroue aangluur
En met krag die aanvalle en enige negatiewe gedagtes weerstaan

Elsabê

Die aangevraagde gedig.
Ek is gevra om te dig vir hom
Iets te skryf wat uit my eie pen kom
Woorde neer te sit wat die meisie beskryf
Alles te bepaal van persoonlikheid tot die lyf

Dis nie so maklik want hoe kan ek dan
´n Perfekte meisie plaas by so ´n perfekte man
Ek gaan probeer, ek sal my bes gee
Om iemand voor te stel aan wie hy sy tyd kan bestee

Sy moet mooi wees, ´n lyfie skraal tog sterk
Iemand wat weet hoe om in ´n gym uit te werk
Effens getan, glad nie spierwit
Iemand wat buite kan baljaar en nie heeldag in die huis wil sit

Sy moet kan fun hê, speel en lag
Sy moet haarself kan besig hou dag en nag
Genoeg selfvertroue om die wêreld te besit
Tog ook kan arroggant wees, sarkasties, met ´n tikkie"witt"

Haar sagtheid moet voel-en tasbaar wees
Kalmte van gemoed moet jy in haar oë kan lees
In vroulikheid en styl is sy hoogs geleerd
Haar hande staan vir niks verkeerd

In liefde gee sy wysheid en raad
Sy weet wanneer om te swyg, en weet wanneer om te praat
Haar hele houding sê sy is tevrede met haarself en haar lewe
Sy hou haar nie op met nonsens, sy het ´n doel waarna sy strewe

Soos die Bybel sê, uiterlike skoonheid se tyd is maar kort
As sy die Here dien, behoort sy geprys te word
´n Man is gesëend sou hy ´n vrou se hart kan wen
Dan eers sal hy ware vreugde en liefde ken

Ek hoop dit gee jou ´n beter idee
Wat ek dink iemand vir jou moet kan gee
Want onthou die beste is in stoor, vir jou om te vind
Jy is nie ´n hier-jy nie, jy is ´n Koningskind!

Elsabê

´n Omgekrapte maag...
Dis die blond, dis die blou
Omdat ek moes, nie oorlat ek wou
Dat ek die pilletjie moes sluk
Om die dikderms weer reg te ruk

So eet ek vrugte, want hul sê dit is gesond
Dit moet mos werk, ek voel dik en rond
Maar toe doen dit anders, dit blaas my op
Dit boikot my, en nou's ek verstop

My vriende beskuldig my, sê ek is vol stront
Dis ´n persoonlike saak, in my ego is ek gewond
Vannaand sal ek in my huis gaan skuil
Myself styf vas hou en saggies huil

Ek sal my kosinname nou moet bekyk
En nie sommer weer daarvan af wyk
Want die gesondheid het nie met my maag geakkodeer
Hy wil nie werk nie, hy kramp, hy's seer

Laat ons saam staan en vertrou die Senokot werk
Wag, eers by die huis, anders is my klere gemerk
Jis die verleentheid, die stank sou so iets gebeur
Maar sou die prop skiet, kan niks die kak keer!

Vir eers gaan ek bye sê, ek voel ek wil gaan
Die dag is verby en ek wil huis se kant toe staan
Met ´n lee kosblik onder die arm sal ek vertrek
Wetend ek het weereens my bes gegee hier by die werk

Elsabê

Gedagtes
As die dag bedruk en goor raak
En alles om jou stroef en vaal maak
Hoe staan jy weer vinnig op
Hoe maak jy die bose kringloop stop

Soms is daar tye wat ek in myself twyfel
Oor dinge top en oor besluite wyfel
En dan wonder ek of ek tog al ´n grootmens is
Of daar wel sterk eienskappe in myself rus

Kan ek as die lewe my afgooi, die stof afskud
My oe toemaak en tog net om hulp bid
En hoop dat erens in die woes gemaal
´n Engel sal afkom en my gebed kom haal

Al wat ek kan doen is terug sit en wag
Om met oorgawe te vertrou op ´n nuwe dag
Waar alles tog sal reg uit verloop
En die lewe weer my vertoue gaan koop

Met blydskap, liefde, vrede ongekend
En dit in my hart insement
My laat vergeet van dae soos vandag
Waar ek weer van blydskap uitbundig sal lag

Maar nou lyk die bult dor en styl
En my hart snik en groot trane huil
Want niks is vir my so erg, dis so ´n vrees
Om onseker oor dinge in my lewe te wees

Kan iemand tog help, kan iemand iets sê
Kan iemand tog al die antwoorde op al hierdie vrae hê
Dit kom onverwags, soos ´n dief in die nag
Ag Here help my! kry my seblief net deur hierdie dag

Elsabê


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner