|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Liefde Sterf
Liefde het 'n Mooi nature.
Blommetjies en bytjies en appel suur,
Sag en liggies
soos die glasoogie speel.
Veertjies dons in die nessie kaal,
hop, hop op die takkies
Hibuskus blomme geur
Stop, tortel duif sy roep.
Staan ek in die spore
Liefde dans voor, agter
Verskiet 'n ster, wense op die lippe
Teen die nagprag
'n skoenlappie by die hek.
Paal, loop die miertjies op.
Vincent de Klerk
16 dae
16 dae se rus,
16 dae se vrede,
16 dae wat ek,
sonder skel,
sonder vloek,
sonder keer,
sonder wegsteek,
kan lewe
16 jaar se hel,
elke aand
as hy huis toe kom
Ek is 'n blaps,
lomp,
dom.
blou my gunsteling kleur,
dit lyk sooo ... mooi
saam met jou liefde
aan my lyf.
Vincent de Klerk
Nagklub Speel
Tussen die lag en gesels
by 'n tafel sit ek en my pelle,
drom die ligte,
sweet, die dansvloer pligte.
In die hoek van my oog,
oops, dis hoog.
Sy is 'n jagter,
ek haar gekose prooi.
My vriende dom,
1 plus 2 is 'n som.
Speel sy op die dansvloer,
sy wil he ek moet loer.
Keer sy my vas,
'n dans dit was.
Eers 'n vinnige een,
toe 'n stadiger een.
Haar lyf teen my sweet,
warm en gespleet.
Wil sy my hande,
vat na verborge strande.
Sy, met haar swart hare;
wou haarself gee.
Sy wou he ek moes haar vat,
maar jy is in my hart.
Vincent de Klerk
Skarlaken Vlek
Saggies rol en val.
Skarlaken stroompie.
Voltooi sy lopie.
Eggo teen die mure mal.
Asem klaar gebruik.
Woede in die oë pruik.
Flikker buislig straal.
Die gebeure kaal.
Om gerol met voet.
Skarlaken op die mat.
Verlaat sonder groet.
Eggo nog 'n druppel, spat.
Skerp, koud.
'n Yster fout.
Skarlaken gevlek.
Die hand, sy plek.
Letsels skarlaken teen die muur.
Koggel nog 'n druppel.
Plassie op die mat, suur.
Nog 'n keel kruppel.
Vincent de Klerk
|