Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Wind

My hart gloei en ek voel koorsig.
Ek sukkel om my gedagtes by my werk te hou.
Jy is aanmekaar in en uit by die deur in my kop
Soos ´n spook wat deur ´n warrelwind aangejaag word.

Kom nou terug sodat ek my gemoed kan stil.
Laat ons hierdie wilde warrelwind kan uitwoed
En mekaar kan kalmeer.
Tyd was nog nooit vir my so dik gewees nie.

- Erik Voges

Vrug

Ryp en sappig soos ´n perske is jy
Jou kurwes en ronding en sagte vlees.
Die kleur van jou vel gloei soos ´n vrug
Wat tot barstens toe vol sonlig geswel is

Die smaak van jou sap wat soet oor my tong streel
Wat van my onderlip af drup en in my keel af loop
Maak my net meer rasend en onrustig
Maar vervul my soos ´n swaar metaal soos goud.

In hierdie dae wil ek jou eet
Terwyl ons altwee nog hard en soet is
Terwyl ons nog bymekaar en vir mekaar honger is
Want jy stil in my elke drang wat ek kon he

- Erik Voges

Staan op

Wat druk op my wat druk
Die mes wat steek in my kop
Geluk, ongeluk, wat dop
My hart voel seer
My siel voel teer
Jammer en teleurgesteld
My mense het geflop
en ek het hulle gefop
Bou op iets, bou op niks
die bal rol aan deur hemel
Staan op, kyk na die blink kant
Die Blink Kant is altyd daar.
Dis net dat die swart somtyds
die waarheid is, en waarheid is swaar.

- Erik Voges

Maar
Maal ek net hier binne rond
Driftig deur jou vuur ontlont

Meul ek my gehardheid heel
om dit saggies oor jou lyf te streel

Merk ek somtyds skadu op
Staan my hart en raas my kop

Maak my los en hou my vas
En neem my in, wie ek is, wie ek was

- Erik Voges

Klein snytjies
Die klein snytjies op my hande
is soos herinneringe van die veld.
Die lewe daar is bietjie swaarder,
maar tog ook skoner - die rou suur
lug wat jou longe brand en die son
wat van die klippe af opspring tot
onder jou hoed ...

Dalk is dit onkunde, of anders
doen my vingers dit met opset
sodat ek lank na ek daar was nog
steeds na die letsels van die klein
snytjies kan kyk en verlang na die
plek waar ek ´n skoner mens was.

- Erik Voges

Draak
Gestroop van alle sagte gemak,
Rus en vrede, my saligheid geknak
Want voor my staan die draak
En op sy tong my siel se smaak.

Droog en bitter in my mond
Prewel ek "Help my, o God"
en lig dan my swaard en my oë
en verag my skuld, my lot.

In ´n oomblik wat ek huiwer of wag
kom die dier nader, verdubbeld sy krag.
En sou ek hom dalk betwyfel of ontken
Vergruis hy my kop, vermorsel hy my pen.

- Erik Voges

Deur
Saam met jou wil ek my inrig
langs my op die stoep waarop ek sit
moet daar ´n plant staan in ´n pot
wat jy geplant het.

En in die kombuis waar ek brood
in ´n hout kas bere moet die reuk
van jou en speserye meng en herinneringe
van gesprekke oor drome dwaal.

Ons moet een deur he waardeur ons
vriende kan binne nooi en waar
kinders uit kan hardloop;
Een deur wat waar ons mekaar kan vind.

- Erik Voges

Brand
Skerp is die nag
Kraak en kreun my bed
Maanlig skeur deur die ruit
En sny deur ´n skreef in my ooglid

Ongemak ruis dof in my kop
En haak met klaende kloue aan my gewrigte
Sweet en klamheid soos ´n koorsige gehyg
Bedek my kaal klaar lyf

Kalmer haal my rou asem as ek sien
Jou lyf soos ´n eksotiese dis in my kop
My maag brand, ek los op
Se net iets dat ek kan rus

- Erik Voges

Baag
Sy asem jaag vlak
en hy kners op sy tande
en hyg
want sy drugs is op
steun
fok
´n kramp
kloue wat klem om
sy longe en sy rug is kromgetrek
asof ´n boggel begin groei
are bult op sy voorkop
en die orige gif pols
deur sy maag - dit laat
sy siel soebat vir meer
want
sonder dit het hy niks,
met dit is hy swak
maar gelukkig.
nou is hy net die slaaf
van ´n bewerige drang

- Erik Voges


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner